
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:15 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE - kyk bl 474.

NOTULE EN ORDELYS IN DRIE AMPTELIKE TALE

(Voorstel)

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, die Parlement maak vandag geskiedenis. Ek stel dus sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die personeel van die Provinsiale Parlement gelukwens met die beskikbaarstelling van die Notule van Verrigtinge en die Ordelys van die Huis in al drie amptelike tale van die provinsie.

Goedgekeur.

GELUKWENSE AAN PENNY HEYNS

(Voorstel)

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis Penny Heyns gelukwens met die verowering van die eerste medalje vir Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Sydney, Australi.

Goedgekeur.

GELUKWENSE AAN SA o23 SOKKERSPAN

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor, en vertrou dat beide kante van die Huis nie die voorstel sal teenstaan nie:

Dat die Huis Amaglug-glug gelukwens met hul 3-1-oorwinning oor Brasili by die Olimpiese Spele in Sydney, Australi.

Goedgekeur.
WILLIAM COOPER-DOKUMENT

(Voorstel)

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis -

(1) homself van die William Cooper-dokument distansieer wat deur die nasionale Minister van Gesondheid versprei is wat onder andere 'n samesweringsteorie verkondig wat spekuleer dat die MIV/Vigs-virus in Afrika ingebring is in 'n entstof vir kinderpokke om die Afrika bevolking te verklein; en

(2) met kommer kennis neem dat mnr Cooper ook beweer dat President J F Kennedy deur sy motorbestuurder geskiet is, dat die Verenigde State in 1950 basisse op Mars en die maan gehad het en dat daar 'n ondergrondse basis vir vreemde wesens in Nieu-Mexiko is.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

GEWELD VAN STEDELIKE TERREUR

(Voorstel)

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek stel voor:

	Dat die Huis, terwyl hy kennis neem van die onlangse bomontploffings wat ook 'n bedreiging vir die veiligheid van die Premier is, 'n beroep op die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit doen om alles in sy vermo te doen om die geweld van stedelike terreur, wat tans in die Kaapse metropolitaanse gebied voorkom, te stuit.

Mnr die Speaker, stedelike terreur, wat lyk asof dit aan die toeneem is, tesame met die ho misdaadvlak, is besig om onhoudbaar te word. Dit gee die indruk dat juis die belangrike pilare waarop 'n demokratiese regering gebou is, op die rand van ineenstorting is. Daar word ges dat 'n regering op die pilare van maatskaplike welsyn, gesondheid, onderwys, die ekonomie en veiligheid en sekuriteit staan. As enige van hierdie pilare bedreig word, het die regering van die dag tog seker sy plig versuim om die welsyn van die staat te verseker.

Die gedagte kom onmiddellik op dat as die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit en die Minister belas met die Nasionale Intelligensie Agentskap nie hulle pligte kan nakom of die veiligheid van die inwoners kan waarborg nie, ons hulle bekwaamheid moet bevraagteken. Indien hierdie bomontploffings nie onder beheer gebring word nie, laat staan nog uitgeroei word, moet die vinger van agterdog na die intelligensie-eenheid gewys word, wat nie behoorlik funksioneer nie, of nie oor die nodige kundigheid beskik om die werk te doen wat van hulle vereis word om te doen nie.
Die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit het telkens aangekondig dat hy weet wie die skuldiges is, en die vraag word gestel: wanneer gaan hy die skuldiges laat arresteer? Tot dusver is geen arrestasies gemaak nie. Kan ons enige geloofwaardigheid aan sy uitsprake heg? Kan ons hom vir een oomblik glo wanneer hy s, "Ons sal hulle arresteer. Ons het hulle name"? Sekerlik glo ons dit wanneer hy s dat hulle hul baie gou gaan arresteer, maar 'n paar dae later hoor ons dieselfde uitsprake. Ons hoor dieselfde gebrul, maar die leeu het geen tande nie.

Mnr die Speaker, ek wil graag verwys na wat ges word oor die evaluering van veiligheidsinligting. Iewers langs die pad is daar 'n skroef los. Die intelligensie kom nie by die Minister uit nie, of die regte intelligensie word nie aan hom oorgedra nie.

Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Die Minister is nie intelligent nie.

Mnr N M ISAACS: Ek praat van die intelligensiedienste. Die agb Minister van Maatskaplike Dienste moet tog die Minister se intelligensie uitlos.

Mnr die Speaker, ek wil ook verwys na die reaksie op intelligensie-inligting, hopende dat die betrokke Minister nie sal huiwer om dit te gebruik nie, of dat hy die inligting nie met 'n knippie sout, of 'n emmer sout, sal neem nie. Dit kom voor asof dinge dikwels rens langs die pad afgebreek word. Dit word ges, en ek haal aan:

	Vir die uitvoering van die evaluasiestuk het intelligensiedienste 'n kundige redaksionele vermo nodig. Intelligensiedokumente moet betyds en in bevatlike taal en keurige styl aangebied word sodat enige moontlike misverstand uitgeskakel en die besluitnemer se beskikbare tyd vir die hantering van die nasionale veiligheidsbedreiging ten beste benut word.

Owerhede het die reg om aanspraak te maak op 'n intelligensiediens se tydige en onkreukbare hantering van inligting sodat vertroue gevestig kan word.

Elke keer gebeur daar iets. rens skort iets. Ek wil weet of daar in die hele Intelligensiediens nie 'n teenspioenasieproses is nie. As daar nie so iets bestaan nie, het dit haas tyd geword om dit in plek te stel. As hulle s dat hulle weet Pagad is die sondebok, moes hulle Pagad alreeds genfiltreer het. Dit is tog die heilige doel van die Intelligensiediens om seker te maak dat hulle infiltreer word. [Tussenwerpsels.]

Ek haal verder aan:

Die intelligensie staan in diens van die Staat en is 'n demokratiese verantwoording verskuldig aan die regering van die dag. Dit bring mee dat so 'n diens dikwels inligting aanbied aan 'n betrokke staatsdepartement met pynlike, eerlike vertolking wat nie aan 'n politikus of sy partypolitiek behoort nie.

Wanneer 'n mens daarna kyk, is dit duidelik dat die intelligensiediens alleen staan en sonder pligsversuim verseker dat daardie inligting oorgedra word.

Daar staan verder:
Intelligensiedienste moet egter eerbaar en in nasionale belang na die waarheid betreffende die veiligheidsinligting soek, het 'n dure plig teenoor die land om hierdie vername deel van die intelligensiegroepings beskeie, meer vasberade uit te voer.

Mnr die Speaker, my vraag is: toe 'n belangrike persoon soos die agb Premier in die openbaar opgetree het, waar was die intelligensiedienste? In die goeie ou dae, in die vorige regime ... [Tussenwerpsels.] Ja, s vir hulle, voordat hulle dink ek lewer 'n toespraak uit hul monde. In die goeie ou dae, voordat 'n Minister of 'n baie belangrike persoon optree, was die plek die hele dag onder bewaking. Dit het in die vorige regime gebeur.

*Wat het hier gebeur? Mense het geweet dat die agb Premier daardie aand daar gaan optree. As daardie plek onder bewaking was, sou hulle stellig gesien het dat iemand iets in 'n boom plaas. Waarom sou iemand iets in 'n boom sit en niemand sien hom nie? Ek bevraagteken dit.

'n AGB LID: Dit laat 'n mens dink.

Mnr N M ISAACS: Dit laat 'n mens dink. Hulle het geweet die agb Premier gaan daar optree, maar niks is gedoen nie. Die beste van alles is dit, voordat die bom ontplof het, het lede van die Intelligensiediens daar rondgestaan en met mekaar gesels, en ander het in die motors gesit.

Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Party het onder die boom gesit.

Mnr N M ISAACS: Hulle het seker geweet waar die boom was.

Mnr die Speaker, as 'n intelligensiediens weet dat baie belangrike mense iewers gaan optree, word iemand tog in bevel van hul beskerming geplaas. Iemand neem die beheer oor en hou die situasie onder beheer, en sal mense op strategiese plekke plaas. Daar word egter ges dat hierdie mense eenvoudig met mekaar staan en gesels het. Die ergste is dat hulle mense daar geplaas het wat miskien nie Afrikaans verstaan het nie. Die lede van die Intelligensiediens moet immers tussen die mense beweeg en luister na wat hulle s, sodat hulle kan hoor as enigiets verdag genoem of bespreek word, en verdagte optrede kan sien. Die lede van die Intelligensiediens was egter doodgerus, so asof niks gebeur het nie.

Dit is verkeerd om aan die einde van die dag vir Pagad die skuld te gee. 'n Mens kan nie vir Pagad blameer nie. Het hulle die bewyse dat dit Pagad se optrede was? Ek stem met die agb Premier saam wanneer hy s dat hy weier om te glo dat Pagad die sondebok is. As ons nie bewyse het nie, kan ons nie Pagad vir elke wandaad blameer nie.

Mnr M OZINSKY: Wie is dit dan?

Mnr N M ISAACS: Vra vir die nasionale Minister.

*Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid versoek om dit baie pertinent onder die aandag van die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit en die NIA te bring. Dit help nie om 'n ander groep, veral die Moslems, te beskuldig nie. Ek het saam met hulle grootgeword en ek glo nie dat die Moslems mense is wat uit hul pad sal gaan om dit te doen nie. Ek wil verwys na wat die agb Leier van die Opposisie op 27 Augustus 1998 ges het. Hy het uit die Koran aangehaal om te wys dat Moslems nie beskuldig kan word nie. Dit gaan op sigself verdeeldheid onder die gemeenskap bring. As 'n mens s dat die Moslems gewelddadige mense is, maak jy 'n groot fout. Ek dink dit is onregverdig om so 'n sein uit te stuur. Opmerkings soos di kan net meebring dat die gemeenskap uiteindelik verdeeld is.

Mnr M OZINSKY: Dit is net Clinton en Barak wat so s.

Mnr N M ISAACS: Ja, maar die agb lid s niks van Ghaddafi nie.

Mnr M OZINSKY: Hy het nog nooit so ges nie.

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Hy is 'n held.

Mnr M OZINSKY: Ja.

Mnr N M ISAACS: Nou is Ghaddafi 'n held, maar toe Ghaddafi by dieselfde dinge betrokke was, ...

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: [Onhoorbaar.]

Mnr N M ISAACS: Die agb Leier van die Opposisie moet stilbly, want Ghaddafi se hande is nou skielik skoon. [Tussenwerpsels.]

*Mnr die Speaker, laat ons na Pagad se visie en missie kyk - hulle het vir die regte doel hierby betrokke geraak. As dit egter Pagad is, dink die agb Minister nie dat dit tyd geword het dat die nasionale Regering hulle na die konferensietafel bring nie? Dink hy nie dat dit tyd geword het om saam bymekaar te sit en vir hulle om op te hou om mekaar te jaag nie? So baie lewens gaan gered word, en so baie tyd bespaar word. Miskien kan beide partye op 'n baie waardige wyse hieruit kom as hulle net wil probeer om na die konferensietafel te kom. Dit lyk vir my of die Regering nie bereid is om saam met Pagad te gaan sit en praat nie.

Ek vra die agb Minister om alles in sy vermo te doen sodat ons hierdie terrorisme kan stopsit en wie ook al verantwoordelik is, na die konferensietafel bring sodat ons 'n oplossing kan vind. Dit help nie om so voort te gaan nie, want elke tweede of derde week ontplof daar 'n bom. Hierdie toestand van sake is ook skadelik vir ons land. Dit skrik mense af. Dit skrik beleggers af en dit maak die land onveilig. Terselfdertyd verloor ons almal vertroue in die regering van die dag.

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, baie dankie vir die voorreg om by hierdie baie besondere geleentheid aan die debat deel te neem.

Dit was net verlede jaar toe die agb Leier van die Opposisie, my partyleier in die Wes-Kaap, nie toegelaat was om by 'n plaaslike moskee te praat nie. Verdraagsaamheid is by die deur uit.

Dit was net verlede jaar toe hy tydens 'n gesinsuitstappie na Newlands Forest deur lede van Pagad in die openbaar gekonfronteer en allerlei beledigende en vuil aanmerkings ten aanhore van sy kind moes verduur. Sy veiligheid het in die gedrang gekom.

Nou kom selfs die agb Premier aan die beurt. Ek merk die agb Premier is afwesig. Ek vertrou die agb lede van sy party sal aan hom oordra wat ek in die Huis ges het. Moontlik dui dit op die belangrikheid wat hy aan die debat koppel. Sy standpunt is immers bekend.

Meneer, ons is met skok en afgryse gevul. Die veiligheid van die agb Leier van die Opposisie, die veiligheid van die agb Premier en die veiligheid van ons almal in die provinsie is vir ons ononderhandelbaar. Dit is nie, en kan nie, aan bespreking onderworpe gestel word nie. Ek wens die beseerdes alle sterkte en voorspoed toe, en versoek die agb lede van sy party om my wense van sterkte en voorspoed aan die agb Premier oor te dra.

Die Huis moet die laaste bomontploffing, en al die ontploffings wat dit vooraf gegaan het, ten sterkste veroordeel. Dit was niks anders as lafhartige, veragtelike en onmenslike handelings nie. Di optrede is in geen opsig of terme hoegenaamd verdedigbaar nie. Suid-Afrika het vandag 'n oop, demokratiese samelewing. Ja, ons geskiedenis, soos die agb lid mnr N M Isaacs ook sal kan getuig, is 'n geskiedenis van verontregting, lyding, smart en geen menseregte nie as 'n mens bruin of swart is nie; ja, daar hang 'n bloedreuk in die lig en daar is bloed aan die hande van sommige mense, maar vandag is ons vry. Ons geniet almal stemreg, die reg tot vrye godsdiensbeoefening en die reg om ons standpunte vryelik oor alles en nog wat te kan verkondig. Hierdie vryhede is deur die ANC verseker. Ons het Suid-Afrika tot op hierdie punt gebring, en ons is trots daarop.

Mnr die Speaker, daar kan tans absoluut geen morele regverdiging vir die plant van bomme in 'n land soos ons land wees nie. Dit maak nie saak watter punt die bomplanters wil oordra nie. Of dit 'n beswaar teen vrye aborsie, 'n grief teen homoseksualiteit of wat ook al is, daar is geen morele regverdiging vir die plant van bomme om 'n punt te maak nie. Om 'n beswaar te h, is die goeie reg van elke mens, maar in 'n demokrasie soos di van ons, hanteer 'n mens jou saak deur standpunt teenoor standpunt te stel. Dit kan nooit geskied deur die aanjaag van vrees en die plant van bomme nie.

Meneer, as my berekeninge my nie in die steek laat nie, het nege bomme vanjaar in ons stad ontplof. Dit is die erns van di debat in die Huis. Dit is nege bomme te veel. Genoeg is genoeg. Ons is dit aan ons mense, ons provinsie en ons land verskuldig om hierdie golf te stuit. Ons moet diegene wat daarvoor verantwoordelik is, aan die pen laat ry. Ons almal het 'n bydra om te maak. Alle lewens is kosbaar.

Ek woon in Blue Downs, Eersterivier, waar ons binne die bestek van 'n paar dae vier jong kinders te ruste l omdat die hand van misdaad sy draai by hulle en hul families kom maak het - kinders wat op 'n toekoms geregtig was. Hul lewens en di van hul families is verwoes. Ons kinders se toekoms is op die spel - dit is die basis vir hierdie debat.

Ek wil die punt wat ek vroer gemaak het, herhaal en verder toelig. Ons het almal 'n verantwoordelikheid. Ons moet nader daaraan staan, die lede van hierdie Huis moet vandag ondubbelsinnig praat. Die kreet van ons mense daar buite is duidelik hoorbaar: stop die bomplanters; stop die moordenaars; gee ons kinders 'n kans; praat duidelik en ondubbelsinnig.
Mre sal die organisasie Free Cape Town from Fear om 12:00 'n optog begin in 'n poging om mense en gemeenskappe te mobiliseer. Miskien is dit die soort tre wat ons verder in die proses moet gee. Miskien is die vraag vandag of ons voldoende wil in hierdie vertrek versamel het, polities en andersins, om die probleem aan te spreek en vas te vat. Is ons almal voldoende gelaai en oorgehaal om die euwel van terreur van voor af te gryp en om daarmee te kan afreken? Ons moet dit van voor af gryp - nie van die kant af nie, maar direk van voor af. Sit ons net agteroor, vou ons die arms, hoop ons vir die beste en hoop ons dat ons name nie die ongevallelys sal haal nie? Dans ons net rond terwyl ons mense die prys daarvoor moet betaal? Wys ons slegs die vingers, lewer 'n bietjie kritiek, maak 'n politieke klankie hier en daar, of vat ons die euwel van voor af vas?

Ek het geluister na die agb lid mnr N M Isaacs se inleidende toespraak op sy voorstel. Ek het eintlik baie meer verwag, juis omdat ek dink die rede vir hierdie bespreking van so 'n aard is dat ons kinders se toekoms op die spel geplaas word en ons met die regte verantwoordelikheidsin hierdie soort oefening sou deurgaan. Wat doen ons? Watter bydrae lewer hierdie Huis werklik, anders as om te s, "nasionaal", of die betrokke Minister maak sy stem dik met daardie soort inset?

Ons het 'n verantwoordelikheid. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid het 'n klomp dinge daar buite beloof. In Blue Downs het hy 'n klomp dinge te s gehad aangaande probleme met betrekking tot misdaad wat daar plaasvind. Ons moet daardie dinge nou begin realiseer.

Anders as hierdie soort opmerkings, kritiek en beloftes wat ons hoor, is die ANC se rekord baie duideliker. Agb lede sal onthou dat daar met Operasie Goeie Hoop, na ingryping van President Mbeki, vele suksesse behaal is. Agb lede sal onthou 'n tyd lank daarna het die bomme nie meer so gereeld ontplof nie, en so meer. Die vraag is: waarom? Vandag pluk ons nog van daardie vrugte.

Daar is tans sekere anti-terreur wetgewing onder oorweging. Ons almal dra pertinent die verantwoordelikheid, met die o van die gemeenskap in angs en pyn vierkantig op ons gevestig, om hierdie wetgewing ten volle te ondersteun. Daar kan nie vals klanke hieroor gehoor word nie. Die punt kan nooit gemaak word dat daar oorreageer word of dat dit 'n vorm van diktatuur kan wees nie - klanke wat ons alreeds gehoor het. En dit terwyl ons kinders en ouers in die proses val!

Dit is eenvoudig so dat bomplanters en terroriste, die vyande van ons mense en die vyande van ons demokrasie, ongeag hul velkleur, hul voorkoms, hul agtergrond, of hul godsdienstige oortuigings, moet weet dat hulle weinige of geen genade sal ontvang nie en dat handelinge van hierdie aard nie geduld sal word nie. Hulle moet beveg word met passie, geloof, oorgawe en toepaslike en nodige middele.

Bomplanters maak ons seer. Ons welsyn en voorspoed kom in die gedrag. Meer bomme beteken minder werk. Meer bomme beteken groter armoede. Daar is reeds aanduidings dat toerisme afneem. Die leed is duidelik nie vir enkeles nie, maar raak ons almal. Die Wes-Kaap gaan nie slaag terwyl bomme afgaan nie. Dit is die erns van die saak. Ons provinsie en ons hele gemeenskap word daardeur benadeel.

Die trant waarin bomme in die Kaapse Skiereiland geplant word, bewys duidelik aan ons dat sterker en strenger wetgewing benodig word. Dit bevat die element van dringendheid wat ons nie kan ignoreer nie. Meer moet gedoen word om die Kaapse Skiereiland te beveilig. Di wetgewing is broodnodig.

Mnr die Speaker, ek wil vervolgens graag praat oor die ... [Tyd verstreke.]

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, namens die Huis wil ek al die beseerdes van die onlangse bomontploffing 'n spoedige herstel toewens. Ek dink ook met medelye aan hulle wat reeds hul lewens in bomontploffings verloor het. Voorts wens ek die mense wat deur daardie bomontploffings getraumatiseer is, 'n spoedige herstel toe.

Mnr die Speaker, ons demokrasie staan vandag in die beskuldigde bank. Die aanklaer is die gemeenskap wat die demokrasie daargestel het. Die verdediger is die Staat, ook ons wat vandag in hierdie Huis vergader, en elkeen wat 'n bydrae gelewer het om demokrasie 'n werklikheid te maak. Die demokrasie word deur die gemeenskappe aangekla van moord, verminking, poging tot moord, ontvoering, verkragting en moord met verswarende omstandighede op jong kinders, vroue en mans.

Die demokrasie word verder aangekla van pligsversuim, veral omdat dit skynbaar nie in staat is om die gemeenskap te beskerm nie. Bomme ontplof en mense se lewens word daagliks bedreig.

Meneer, die jong Demokrasie, skaars skoolgaande ouderdom en nog nie sewe jaar oud nie, staan vandag in die beskuldigde bank met hierdie klagstaat teen hom. Die verdediging, die Staat en ook ons hier, werp alles in die stryd om ons klint, Demokrasie, te verdedig. Die verdediging redeneer dat so 'n jong kleuter, skaars sewe jaar oud, tog nie aan al hierdie verskriklike dade skuldig kan wees nie; die arme kind, Demokrasie, is darem veels te jonk om verantwoordelikheid te aanvaar vir so 'n klagstaat. Die verdediging argumenteer verder dat daar wel 'n skuldige is, maar beslis nie die arme onskuldige bloedjie, Demokrasie, nie.

Die verdediging voer verder aan dat Demokrasie met die verskriklikste geboortepyne en 'n geweldige stryd die eerste lewenslig aanskou het. In sy verdere betoog voer die verdediging met oortuiging aan dat die skuldige niemand anders as Demokrasie se voorganger, Apartheid, kan wees nie.

Van die aanklaer se kant kom uitroepe soos, "Apartheid is dood!", waarop die verdediging terugskree, "Apartheid leef!" Beskuldigings word heen en weer geslinger. Geen oplossings is in sig nie. Intussen word die klagstaat by die dag langer en langer.

Die regter se uitspraak word pynlik en reguit gelewer: "Ons is almal skuldig en ons hoort almal in die beskuldigde bank." Omdat Apartheid dood is en omdat Demokrasie 'n minderjarige kleuter is, bevind die regter dat die aanklaer, die gemeenskap, en die verdediging, die Staat, aangekla word en in die beskuldigde bank stelling moet inneem.

Ons word daarvan beskuldig dat daar nie voldoende na die kleuter Demokrasie se belange omgesien is nie. Ons word daarvan beskuldig dat ons hierdie kleuter nie gereeld gevoed het nie en dat ons nie aan hierdie kleuter die nodige ondersteuning gebied het deur middel van die magte waaroor die verdediging, die Staat, beskik nie. Die regter bevind dat Demokrasie die slagoffer is. Hy bevind dat daar 'n totale aanslag teen Demokrasie aan die gang is. Hy bevind verder dat die aanklaer, die gemeenskap en die verdediging, die Staat, skuldig is aan pligsversuim teenoor die kleuter Demokrasie, en word lewenslank gevonnis om die kleuter voldoende te voed en met alle mag tot sy beskikking, naamlik die Polisie en die verdedigingsmagte, te ondersteun en te onderskraag.

Mnr die Speaker, die aanslag teen ons demokrasie word so fel dat selfs ons as leiers nie ontsien word nie. Die bomontploffing verlede week, waarin die eerste burger van ons Provinsie, Premier Morkel, noodlottige beserings net-net vrygespring het, het baie vrae laat ontstaan, onder meer: word plekke waar gemeenskapsleiers optree nog gevee deur snuffelhonde? Word daardie areas, soos die agb lid mnr N M Isaacs genoem het, nadat dit skoon verklaar is, deurentyd bewaak totdat die verrigtinge verby is? Hoe gebeur iets soos dit wat verlede Dinsdag gebeur het? Waar l die fout? Wanneer gebeur wat verlede week gebeur het, is dit menslik om bekommerd te raak, is dit menslik om te skrik en, ja, dan is dit menslik om bang te word.

Ek wil vandag vir almal wat leiersposisies beklee, bemoedig met Jos 1:9:

"... Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan."

Dit het tyd geword dat ons 'n kollektiewe poging aanwend om daadwerklik 'n verskil te maak en om daadwerklik die terreur en verwoesting te stop. Dit het tyd geword dat ons met alles tot ons beskikking beskerming sal bied aan hulle wat ons hier geplaas het en aan onsself. Dit is ons dure plig.

Ja, ons kan 'n verskil maak. Ek wil die woorde van Leo Buscaglia in Only You Can Make The Difference, aan die Huis voorhou:

Only You Can Make The Difference

 You alone can bring magic - and humour and joy - to the people you encounter.

 Anything you dream, by the very nature that you can dream it, makes it possible

-	The purpose of life is to help others.
And if you can't help them, would you
at least not hurt them?

 You can make things happen that you
never thought you could!

 The greatest risk in life is to risk
nothing. The person who risks nothing
does nothing, has nothing and is nothing.

 To be is to do - and to do is to do now
because tomorrow might not be there.

 You have everything you need to be so
much ... don't settle for less!

 The time for action is now - and only
you (you and me) can make the difference.

Mnr die Speaker, ek wil my dank en waardering uitspreek teenoor die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid vir die baie belangrike rol wat hy en sy manne speel om saam met sy kollegas op nasionale vlak pogings aan te wend om hierdie terreur te stop. Ek wens hom sterkte en voorspoed in sy taak toe; mag hy die nodige sukses behaal wat hy wil behaal.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, ek weet nie of 'n mens na die twee goeie bydraes van die agb lede mnre Byneveldt en A J Williams die debat enigsins verder moet voer nie.

Meneer, die vlaag van stedelike terreur deur gesiglose geweldenaars, soos vergestalt in die onlangse bomontploffings, word deur die UDM verwerp met die minagting wat dit verdien. 'n Mens lees oor, en luister in ongeloof na, die verskillende teorie van kundiges of kwasi-kundiges oor wat gedoen moes word of wat gedoen moet word om die situasie te beredder. Kritiek word oor en weer geslinger en daar is 'n alewige stryd en getwis oor wie vir die suksesse die krediet moet kry en wie vir die mislukkings blameer moet word.

Dit is inderdaad so dat beide die nasionale en die provinsiale Regerings verantwoordelik is vir die veiligheid van al die Wes-Kapenaars, ons in die Huis inkluis. Die voorstel wil 'n respons van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid ontlont oor hoe hy 'n bydrae binne die raamwerk van sy moniteringsmag kan lewer om die terreur hok te slaan.

Meneer, laat my toe om by die debat aan te sluit wat verlede week in die Nasionale Vergadering gevoer is, voordat ek 'n praktiese voorstel aan die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid maak. Die nasionale Regering, by monde van sy twee Ministers, die Ministers van Veiligheid en Sekuriteit en vir Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, s dat Pagad vir die terreur verantwoordelik is. Die UDM beskou die uitsprake van die twee Ministers as uiters onverantwoordelik, uitlokkend en in 'n groot mate as bydraend tot die spanning in ons gemeenskappe.

Die UDM glo dat indien die nasionale Regering se teorie oor wie vir die terreur verantwoordelik is, korrek is, is dit inderdaad onverantwoordelik om die verdagtes in die openbaar te konfronteer. Meer nog, as die nasionale Regering oor voldoende getuienis beskik oor Pagad se rol in die terreur, waarom word die verdagtes dan nie gearresteer nie?

Mnr die Speaker, iemand wat, gesien in die ou Suid-Afrikaanse konteks en soos die vorige regering hom gedentifiseer het, geveg het vir sy reg tot menswaardigheid en vir gelyke regte, was 'n terroris. Toe was die terroriste die mense wat geveg het vir reg, geregtigheid en menswaardigheid. Die destydse Regering het in 'n stadium tot besinning gekom en besef dat hulle met di terroriste in gesprek moet tree. Daardie gesprek het ons gebring tot waar ons vandag is. Ons het 'n wonderlike land met wonderlike vooruitsigte.

Meneer, as Pagad die terroriste is wat die nasionale Regering s hulle is, wil die UDM die betrokke nasionale Ministers uitdaag om met Pagad in gesprek te tree ten einde hul griewe aan te luister en ook om te bepaal of hul griewe water hou met die regte vervat in die nasionale Grondwet. Die volgehoue weiering van die nasionale Regering om met Pagad in gesprek te tree, is kommerwekkend. Sedert die Kodesa-samesprekings het ons begin om 'n nuwe kultuur van gesprek en onderhandeling in hierdie land te vestig. Binne di konteks is dit dus onverstaanbaar dat die nasionale Regering nie met Pagad om 'n tafel wil sit nie.

Wat dit nog meer ironies maak, is dat ons nasionale Ministers, en selfs ons President, weke lank, en duisende rand, spandeer om ander lande in Afrika te help om met hul terroristegroepe te versoen, maar nie kans sien om in hul eie land met die terroristegroepe wat hulle identifiseer, in gesprek te tree nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil dus die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid versoek om, indien dit binne sy vermo of jurisdiksie val, met Pagad in gesprek te tree en om die resultate van so 'n gesprek aan die nasionale Ministers te rapporteer. Hy kan moontlik op di manier, binne die beperkte mag wat hy het, 'n fasiliterende rol speel in die ontlonting van geweld in die provinsie.

Mnu M HOZA: Mhlalingaphambili, le Ndlu yoWisomthetho kufuneka ibonisane ngalo mkhuba woqhushumbo kweebhombo. Umphathiswa wezoKhuseleko loLuntu makazibonakalise ebantwini ukuthi bangabantu abakhoyo, ukuba baluncedo ebantwini. Olu qhushumbo lwale bhombo lizizihlandlo ngezihlandlo ezininzi, ziqhubekeka. Noxa liqhubekeka nje, linabantu elikhonjwa kubo. Njengoba aba bantu likhonjwa kubo, akude kubonakale into yokokuba likhonjwa kubo kude kwenziweni ngabo. Mabazame ukuthi makucace eluntwini ukuthi eyona nto eba-ngela ukuba makubekho olu qhushumbo yintoni. Ndicinga ukuthi ixesha lezi zinto ladlula, kuba uMzantsi Afrika ukhululekile ngoku. Bekungafanele ukuba kusekho izinto ezinje. Ukuba ngaba ke kukhona ulwazi lwento yokokuba yintoni isizathu sokuba makubekho into enje ngalo mkhuba, uRhulumente kumele ukuba makacacisele abantu. Andiqondi ukuba uRhulumenete unokungabi nawo amandla okuyinqanda lento ingaqhubekeki, kweli lizwe. Andiqondi ukuba kubalulekile ukuba kumane kukhonjwa into yokokuba iyaziwa le nto, yenziwe ngabantu abathile, babe aba bantu bathile besaqhuba, kungekho nkangelo yokulandelwa kwabo.

(Vertaling van isiXhosa-paragraaf volg.)

[Mnr M HOZA: Mnr die Speaker, hierdie Huis moet die kwessie van bomontploffings debatteer. Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid moet die mense die versekering gee dat hy en sy departement daar is om hulle te help. Hierdie ontploffings gebeur nou al vir 'n geruime tyd sonder ophou. Terwyl hulle ontplof, word sekere mense aan hulle gekoppel, maar dit lyk of niks aan hulle gedoen word nie. Die departement moet poog om aan die mense die oorsaak van die ontploffings te verduidelik. Ek dink dat die tyd vir sulke dinge verby is, want Suid-Afrika is nou bevry. Sulke dinge behoort nie meer te gebeur nie. As daar enige inligting oor die oorsaak van hierdie gruwel is, moet die Regering dit met die mense deel. Ek dink nie dat die Regering nie in staat is om hierdie misdaad in hierdie land te laat ophou nie. Dit help nie om aan te hou s dat hulle weet wie die skuldiges is nie, terwyl daardie bomplanters voortgaan met hulle bedrywighede en niks aan hulle gedoen word nie.]

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, aangesien die agb Premier vroer afwesig was, wil ek graag die punt herhaal wat deur die agb lid mnr Byneveldt gemaak is, dat wat buite die Samaj Sentrum gebeur het, skokkend is, nie net vir die agb Premier persoonlik nie, maar vir sy gesin en vir diegene by die vergadering. Dit stuur ook twee baie belangrike seine uit. Een is dat as die Premier kwesbaar is, almal van ons in die res van die provinsie nog kwesbaarder is. Dit is 'n teken dat ons nie kan rondloop met die vertroue waarmee ons almal behoort rond te loop nie. Die tweede is dat vrye politieke bedrywighede onder bedreiging is. In die konteks dat dit persoonlik is, dat 'n mens kwesbaar is en daar 'n bedreiging vir vrye politieke bedrywighede is, voeg die ANC sy stem tot die baie ander stemme wat hul walging en afsku uitspreek oor wat gebeur het, veral die insident by die Samaj Sentrum.

Mnr die Speaker, ek het vanoggend 'n brief ontvang. Dit is aan my kantoor gefaks deur iemand wat hom/haar "Anti-Pagad Muslim" noem, wat aandui dat hy/sy hierdie brief aan die koerante gestuur het, maar dat dit nog nie gepubliseer is nie. Ek wil graag vandag die inhoud van die brief met die Huis deel. Dit is aan die redakteur van die Cape Argus gerig, en ek haal aan:

Sir

I am not an ANC member but a citizen of Cape Town whose interest in urban terror comes from a narrow escape at the Observatory bombing. I have read newspaper articles, editorials and letters in recent weeks condemning the government's naming of PAGAD as the main, if not only, suspects in the fight against urban terror.

Let me start by saying that PAGAD is not representative of the Muslim community. In fact, PAGAD has sought to even intimidate, terrorise and threaten this very community. Therefore, I do not believe that naming PAGAD is even remotely close to implicating the entire Muslim community. I am angry at PAGAD, not at Muslims. I think so is the government.

Secondly, I hear a kind of self-righteousness from PAGAD demanding due process, evidence, proof and the rule of law before naming them as suspects. May I ask: what due process applied before Staggie was burnt, before people were named as drug dealers and gangsters, before marches were organised to them and their houses riddled with bullets, endangering even their children? What evidence was presented before the naming of prominent Muslims as 'religious' or 'political' gangsters? before Ebrahim Moosa was hounded out of the country? The boot is on the other foot and PAGAD can't stand the heat.

Thirdly, why is there an assumption that the naming of PAGAD is devoid of any legal action against them? Dawood Osman is in jail for over 30 years for the Waterfront killings. Mogamat Adams and Abduragmaan Thebus of PAGAD have just been found guilty of murdering 7 year old Christel Abrahams of Ocean View. Maybe the fact that this story was buried deep inside our newspapers, is the reason that the public doubt that PAGAD is capable of murder and terror.

Fourthly, what does the state do when it knows who is responsible, but is frustrated because witnesses are killed, investigating officers are ambushed and murdered, and even a magistrate is assassinated? What do they all have in common? They are involved in PAGAD cases.

As Cape Town is subjected to more and more terror, we need a strong resolve to not be intimidated by PAGAD. PAGAD is not for Human Rights - ask their victims. But they and their apologists have undergone the fastest conversion: suddenly they speak the language of Human Rights and Democracy being sacrificed by an Anti-Terrorism Bill. Why? Because suddenly the survival of PAGAD is at stake.

Dit is geteken, "Anti-Pagad Muslim", en die persoon smeek, "(Please use my psuedonym)".

Die mense van ons provinsie voel onveilig, van diegene in die Kantoor van die Premier tot die minste onder ons. Wat ons provinsie en ons land van ons wil h, is 'n gevoel dat die organe van die Staat gemobiliseer is, aan die werk is en op die spoor van hierdie terroriste is. Wat hulle nie van ons wil h nie, is 'n gevoel van onenigheid, wantroue en doelloosheid. Ek glo ons mense is volwasse genoeg om te begryp dat dit nooit maklik is om terroriste te vang nie, maar hulle moet weet dat ons probeer om hulle te vang. Ons mense sal verstaan dat dit deeglike werk verg om sulke terroriste te vind en skuldig te laat bevind, maar hulle moet sien dat harmonie die verhouding tussen die verskillende regeringsvlakke en die verskillende staatsorgane kenmerk. Kortweg ges, ons mense moet ons kan vertrou op 'n tydstip wanneer hulle die kwesbaarste voel.

Dit is nie 'n tyd wanneer ons daardie vertroue moet skend met teenstrydighede in ons optrede en uitsprake nie. Dit sou die maklikste ding wees om die trom te slaan en te s dat ons Regering en ons land Moslems vyandig gesind is. Twee maande voor 'n verkiesing sou dit selfs aanloklik gewees het om hierdie sentiment vas te vang en dit in stemme te omskep, maar dit sou fundamenteel 'n valse sentiment bly.

Die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit word voorgestel as sou hy hierdie sentiment aanvuur deur Pagad as "Islamitiese fundamentaliste" te beskryf. Ek glo dat die Minister veel verder as hierdie eenvoudige beskrywing gegaan het. Die Minister is in der waarheid op rekord as sou hy ges het, en ek haal aan:

Pagad is a group of terrorists, using Islam as a front for their cowardly activities, and bringing the name of a great religion into disrepute.

Ek sou verder gaan en s dat hierdie land waardering vir sy Moslem-gemeenskap getoon het op wyses wat waarnemers van ander Moslemlande verstom het, gegewe die klein Moslem-gemeenskap wat ons het. Moslems word goed verteenwoordig in die Parlement en die Kabinet. Godsdiensvryheid is aan die orde van die dag. Die Hoofregter van Suid-Afrika, wat onlangs oorlede is, was 'n Moslem. Deesdae is die Ouditeur-generaal 'n Moslem. Die Parlement sal binnekort oorweging daaraan skenk om uitvoering aan Moslem persoonlike reg te verleen en selfs die regerende party in hierdie land, die ANC, het meer stemme van Moslems as van enige ander party, met inbegrip van die Moslempartye, gekry.

As enigiemand glo dat hierdie land sy Moslems anders behandel, laat staan nog onbillik, dink dan aan die twee kontrasterende uitsprake wat gister deur ons regbank uitgereik is. In Rustenburg in die Noordwes Provinsie is twee regsgesindes skuldig bevind aan die afskiet van 'n bom by 'n moskee. Tussen die twee van hulle het hulle 'n vonnis gelykstaande aan 54 jaar tronkstraf gekry. In Kaapstad is twee Pagad-lede skuldig bevind aan die moord op die sewejarige Chrystal Abrahams van Ocean View. Saam sal die twee ses jaar gemeenskapsdiens buite die gevangenis uitdien. Is hierdie land onbillik teenoor Moslems en hulle vyandig gesind?

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENS: Nee, hulle is bevooroordeeld teenoor hulle.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Dit is die teenoorgestelde standpunt van wat ek probeer weerl.

Ek vra ook die Streeklanddros, en veral die agb Premier en die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, om die gefluister deur sommige van hulle oorywerige voetsoldate te beindig dat dit in werklikheid die ANC is wat vir stedelike terreur in hierdie provinsie verantwoordelik is, tensy hulle natuurlik glo dat dit die waarheid is. Daar word dan verwag dat hulle dit openlik sal s.

Die gerug lui min of meer soos volg: die ANC regeer nie die Wes-Kaap nie en wil die provinsie destabiliseer ten einde die mag oor te neem, daarom bombardeer dit die provinsie.

Afgesien daarvan dat hierdie argument onjuis en gevaarlik is, is dit ook een wat, as gevolg van sy eis op 'n antwoord van die ANC, 'n boodskap aan 'n onveilige en beangste gemeenskap kan oordra dat ons nie verenig in ons stryd teen stedelike terreur is nie. As dit die boodskap is wat ons oordra, stuur ons 'n sein na ons mense uit dat hulle net sowel in wanhoop kan verval omdat hulle nie hul politieke leiers kan vertrou om saam te staan nie, selfs nie teen so 'n ernstige bedreiging nie. Gevaarliker nog, ons stuur 'n sein aan die plegers dat hulle inderdaad oor die vermo beskik om ons te verdeel, ons verskille uit te buit en om ons voorneme te ondermyn om onversetlik teen hulle op te tree, wie hulle ook al mag wees.

'n Bemoedigende tendens het uit die taxikonflik voortgevloei - mag ek byvoeg, nadat die huidige agb Minister van Gemeenskapsveiligheid oorgeneem het. Veiligheidsagente, oues en nuwes, het saamgestaan onder 'n kollektiewe leierskap, nasionaal en provinsiaal, om 'n verstommende oorwinning aan alle partye en staatsorgane te bring - intelligensie, polisie en die regbank.

Dit is die enigste uitweg vorentoe. Geen voordeel kan deur enige party behaal word wat die tier van opportunisme in hierdie verband ry nie. Almal van ons sal die verloorders wees. Toerisme en belegging sal die verloorders bly. Groei en herverdeling sal die verloorders wees. Die armlastiges sal die verloorders bly.

Laat ons nie daardie tier ry nie. Laat ons die regte tier konfronteer. [Toejuiging.]

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID: Mnr die Speaker, ek volg graag op die agb Leier van die Opposisie, wat ek dink 'n uitstekende bydrae gelewer het. Ek sal daarop terugkom.

*Mnr die Speaker, in onlangse maande moes die mense van die Wes-Kaap worstel met die besef dat geweld in die provinsie na 'n hor vlak beweeg het. Afgesien van buitengewone vlakke van ernstige geweldsmisdaad in ons provinsie, met inbegrip van die brutale moord - waarna die agb lid mnr Byneveldt verwys het - van ten minste vyf jong meisies en ander kinders in verskeie gebiede van die Kaap in onlangse weke, het baie onskuldige burgers en amptenare van die Staat die teikens van die stedelike terreurveldtog geword.

Dit lyk of dit 'n volskaalse oorlog teen die Staat is. Dit lyk of die plegers van hierdie dade van geweld daarop uit is om soveel skade moontlik aan die lewens en lewenstog van ons mense in die Wes-Kaap te veroorsaak. Ek glo, en ek het geen inligting tot die teendeel nie, dat die aanval op die Samaj Sentrum verlede week 'n aanval was op die agb Premier as 'n beampte van die Staat en die mees senior een in hierdie provinsie. Die motivering was beslis nie partypolitiek van aard nie.

Laat my toe om te s dat ek myself distansieer, en die agb Leier van die Opposisie was reg toe hy dit geopper het, van enige bewering dat daar 'n partypolitieke motief is, of dat enige party - beslis nie die ANC in die Wes-Kaap nie - hiervoor verantwoordelik is. Ek glo dat die siekte baie meer diepgaande as dit is.

Die eerste verantwoordelikheid van regering bly die veiligheid van sy mense. Ek is 'n lid van 'n regering - hierdie Regering - wat daartoe verbind is om die soewereiniteit van die reg en grondwetlike gesag te handhaaf. Ek dink daar moet geen misverstand op hierdie punt wees nie - diegene wat daarna streef om die soewereiniteit van die reg en ons Grondwet te ondermyn, sal die gevolge van hul dade dra. Dit kan 'n bietjie tyd neem, maar dit sal die gevolg wees.

Wat die handhawing van die reg betref, glo ek dat 'n mens moet werk met basiese beginsels wat in alle situasies geld. Dit is op hierdie grondslag dat ek, tesame met my kollegas en ander staatsinstellings, die krisis in die openbare vervoersektor 'n paar weke gelede aangepak het. Dit omvang ook my benadering tot die huidige situasie met betrekking tot die stedelike geweld. Laat my toe om te wys op drie beginsels, en om aan te dui hoe dit in hierdie situasie in die praktyk werk.

In die eerste plek moet die soewereiniteit van die reg voortduur. 'n Mens kan nie oor die toepassing van die wet onderhandel nie. 'n Mens kan nie toelaat dat die toepassing van die wet ontwrig word en dat die beamptes wat die wet toepas, gentimideer word nie. In antwoord op die agb lede mnre Lewis en Isaacs is dit as gevolg van hierdie beginsel dat ek glo dit onvanpas is om onderhandelings te begin met mense wat hierby betrokke kan wees, aangesien 'n mens dan 'n sein uitstuur dat hulle optrede eintlik daartoe sal aanleiding gee dat jy jou wette sal aanpas om dit te akkommodeer. Sodra 'n mens dit doen, is jy fundamenteel besig om die soewereiniteit van die reg te ondermyn.

Dit is waarom, en ek is eerlikwaar bereid om hieroor op rekord te gaan, ek glo dat in die geval van die taxigeweld baie van die onderhandelings daar fundamenteel gebrekkig was. Die gevoel daar was dat ons sou onderhandel met hierdie mense sodat hulle die geweld sou staak, en ons sou bepaalde wette aanpas ten einde dit te doen. Ons het toe 'n bespotting van hierdie Huis gemaak, omdat die Huis die wette maak wat die veiligheidsdienste moet afdwing, en as hulle dit nie afdwing nie, het 'n mens nie 'n demokratiese staat nie, en het jy nie regsoewereiniteit nie. Dit is waarom ek glo, wie hierdie mense ook al is - en hulle het nie enige eise gestel nie - 'n mens nie samesprekings met hulle kan begin nie.

Die tweede fundamentele beginsel is dat daar geen orde sonder geregtigheid kan wees nie en, insgelyks, geen geregtigheid sonder orde nie. Of, soos Alan Paton dit gestel het, en ek haal aan:

Order without freedom is tyranny. Freedom without order is chaos. The sword of the state must maintain justice. When it fails, disorder is sure to follow.

Wat 'n mens vandag in die Suid-Afrikaanse gemeenskap sien, is die gevolg van 'n diepgewortelde gevoel by lede van die publiek dat die plegers van ongeregtigheid inderdaad nie aan die reg onderworpe gemaak word nie. Hulle kom weg! Of dit nou mense is wat nie weens verkeersoortredings vervolg word nie en of dit moordenaars is, hulle kom weg. Tensy ons dit omdraai, en die gewone burger die wete het dat as daar 'n onregverdigheid teenoor hom gepleeg word, die plegers aan die pen gaan ry, skep ons 'n teelaarde vir "vigilantisme" en optrede van daardie aard. Ons moet dit uitroei.

*Mnr M OZINSKY: Diamantsmokkelaars.

*Die MINISTER: Wat, dwelmsmokkelaars?

*Mnr M OZINSKY: Diamantsmokkelaars. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Alle soort plegers.

In die derde plek, mnr die Speaker, is dit moreel verkeerd en polities onnosel om politiek met mense se lewens te speel, en daarom is ek baie bly dat ons vandag hierdie debat het. Ek het dus 'n belofte gemaak om met die nasionale Regering en al die wetstoepassingsagentskappe saam te werk om die Wes-Kaap 'n veilige plek te maak om in te woon. Misdaad en geweld floreer op verdeling en onmin op regeringsvlak, en dit is waarom ek glo dat die noot van samewerking en ondersteuning wat deur die agb Leier van die Opposisie aangehef is, uiters toepaslik is. Ek moet aan agb lede s dat sedert ek hierdie pos aanvaar het, die vlak van samewerking tussen die nasionale Regering en hierdie Regering oor die twee sleutelkwessies, die taxigeweld en stedelike terreur, werklik uitstekend was. Ek het geen rede tot klagte daaroor nie.

Deur te bly by hierdie fundamentele beginsels, die drie wat ek genoem het, laat ons min beweegruimte toe aan terroriste en misdadigers. Ons verenigde stem, provinsiaal en nasionaal, tesame met bykomende polisiehulpmiddele wat deur die nasionale Regering toegewys is, sal ons nader daaraan bring om wet en orde in ons provinsie te herstel en om die veiligheid van ons mense te verseker.

Wat betref vordering met betrekking tot die hantering van die terreurveldtog, het die veiligheidsmagte verlede week 'n intensiewe gesamentlike beplanningsessie gehou. Trouens, dit het verlede week die hele week geduur. Terselfdertyd is bykomende kapasiteit van die Kantoor van die Nasionale Kommissaris, sowel as ander provinsies, in die Wes-Kaap ontplooi. Dit sluit die volgende in:
* spesialis intelligensiekapasiteit;

* die polisie se spesiale taakspan, en daar is net een van hierdie soort in die land wat opgelei is om horisikosituasies soos stedelike terreur te hanteer, en soortgelyk is aan die VK se SAS-eenheid, en

* die SAPD se Spesiale Ingrypingseenheid uit KwaZulu-Natal.

Alle operasies is deur die gesamentlike operasiesentrum gekordineer. Dit sluit intelligensie, ondersoek- en voorkomende operasies in. Dit behoort duidelik uit hierdie onmiddellike stappe te blyk dat ons die probleem op 'n hoogs gekordineerde en toegewyde wyse hanteer.

Dit is korrek om op rekord te plaas dat as blaam toegedeel moet word, en ek neem ook medeverantwoordelikheid daarvoor - ek was nie in die pos nie, maar ek glo nie dat 'n mens verantwoordelikheid moet ontduik nie - na die aanvanklike suksesse van die gesamentlike operasie aan die begin van verlede jaar, was daar 'n terugval aan die kant van beide intelligensie- en veiligheidsmagte om met die situasie tred te hou, wat daartoe gelei het dat die situasie op die oomblik buite beheer is.

Daarbenewens het die polisieleierskap my vandag ingelig dat hulle bykomende gespesialiseerde beskermingsbeamptes in die Wes-Kaap gaan ontplooi om die bedreiging teen veral openbare beamptes die hoof te bied. Die noodsaaklikheid hiervoor is op 'n tragiese wyse gellustreer deur die sluipmoord op die landdros, Pieter Theron. Hierdie optrede is die gevolg van 'n vergadering wat ons Vrydag 'n week gelede hier gehou het.

Ten einde die samewerking te illustreer, wil ek die volgende op rekord plaas. Agb lede sal onthou dat mnr Theron se sluipmoord verlede Donderdag, 'n week gelede was, en op die Vrydagoggend het ek my nasionale eweknie, die Minister van Veiligheid en Sekuriteit en die Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling gebel en aan hulle ges dat ons nie kon voortgaan met die veiligheid van ons Justisie-beamptes op die ongekordineerde wyse waarop dit op die oomblik gebeur nie. Hulle het die Adjunkminister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, die nasionale Minister van Korrektiewe Dienste en hul senior beamptes beskikbaar gestel. Daardie namiddag was hulle om 15:00 hier in ons gebou. Ons het 'n omvangryke agenda gehad om af te handel. Daardie planne is gemplementeer en ek is verheug oor die vlak van samewerking wat ons in der waarheid op die oomblik sien.

Ek wil ook die inisiatief deur private sakelui verwelkom, wat 'n beloning van R2 miljoen beskikbaar stel vir die inhegtenisname en suksesvolle vervolging van persone wat by die stedelike terreur betrokke is. Hulle het dit op 'n verantwoordelike wyse gedoen. Hulle het ons kom spreek en het uitgevind wat die beste manier is om met die polisie saam te werk. Ek dink beslis dat dit die maksimum geleentheid sal verseker om met die SAPD-ondersoeke behulpsaam te wees.

Meneer, dit sal 'n rukkie neem voordat ons as openbare beamptes die publiek die versekering kan gee dat die bedreiging onder beheer is. Ek wens met my hele hart dat ek dit vandag kan s. Ek kan nie. Die mense en die middele is nou in plek om vordering met al die verbandhoudende operasies te verseker. Hulle moet hul werk doen en ons almal moet hulle steun waar ons kan.

Laat my toe om net te waarsku teen die versoeking waarin alle leiers en openbare verteenwoordigers in 'n tyd soos hierdie te staan kom, om steeds radikaler uitsprake te maak met elke bom wat ontplof. Dit gaan hoegenaamd nie help nie. Ons moet seker maak, soos ek dink die agb Leier van die Opposisie ook ges het, dat ons tevrede is dat die veiligheidsmagte al die middele tot hul beskikking het om hul werk te doen en dan moet ons hulle steun - almal van ons.

Die beste benadering om stedelike terreur in 'n oop, demokratiese en grondwetlike staat te hanteer, is om streng en effektiewe maatrels om terroristeselle, hul leiers en hul logistiese steun te isoleer en te elimineer, te kombineer met aanmoediging vir 'n lewenskragtige politieke lewe van openbare deelname, insluiting en debat. Dit vereis polisieoptrede om dade van terreur te voorkom en om die skuldiges te vonnis, tesame met politieke optrede om die steun van die publiek teen die gewelddadige minderheid te verkry. Elke enkele agb lid van die Huis het 'n verantwoordelikheid in daardie verband.

As ons die publiek met ons wil saamneem oor hierdie kwessie, moet ons kan wys dat die magte van die gereg effektief is om die misdadigers van die strate af te haal. Die grootste afskrikmiddel teen misdaad en terrorisme bly die waarskynlikheid om gevang, gevonnis en gestraf te word.

Terwyl ons Regering verbind is tot streng optrede teen alle soorte misdadigers in hierdie provinsie, is daar sekere basiese rels wat gevolg moet word. Dit sluit die volgende aspekte in. In die eerste plek moet ons gesien word dat ons alles in ons vermo doen om die veiligheid van ons mense te verseker. Dit is die basiese verantwoordelikheid van alle regerings en een wat ons ernstig opneem. Ons moet dit doen, en nie net daaroor praat nie.

In die tweede plek moet daar nie tot algemene blindelingse onderdrukking oorgegaan word nie. Ons moet dus omsigtig wees met enige voorgenome anti-terreurwetgewing.

In die derde plek moet alle aspekte van anti-terreurbeleid en -operasies aan die gesag van die Parlement onderworpe wees. Sonder behoorlike verantwoordingdoening sal ons demokrasie swaarkry. Trouens, ek dink daar is ruimte vir die staande komitee wat veiligheidskwessies in die Parlement hanteer om 'n sessie byeen te roep - en ek dink dat dit verkieslik 'n geslote sessie moet wees - met die verantwoordelike polisiebeamptes en te vra om ten volle ingelig te word oor wat in werklikheid gedoen word.

Ten slotte moet ons nie toelaat dat ons besorgdheid om terrorisme teen te werk ons daarvan weerhou om na die sosio-ekonomiese welsyn van die gemeenskap om te sien nie; iets waartoe ek glo die Wes-Kaapse Regering verbind bly en waar dit 'n trotse rekord het en waartoe die hele Huis in der waarheid verbind is.

Mnr die Speaker, ten slotte wil ek al die agb lede wat aan die debat deelgeneem het opreg bedank. Elkeen het vandag 'n besondere bydrae gelewer, veral die agb lid mnr A J Williams, wat onder andere daarop gewys het dat ons hier te doen het met 'n toets vir ons demokrasie. Ek meen regtig dat dit 'n tweeledige toets is. Dit is 'n toets vir ons vermo om die veiligheid van ons mense te waarborg en om die reg af te dwing, maar dit is ook 'n toets vir ons politieke volwassenheid. Dit is inderdaad 'n toets vir die vermo van hierdie openbare verteenwoordigers, wat deur die hele gemeenskap van die Wes-Kaap verkies is. Die toets wat ons aan beide kante van die Huis moet deurstaan, in 'n tyd wat daar 'n baie groot risiko is dat ons gemeenskap op veral religieuse lyne verdeel gaan word, is om te sorg dat daar nie 'n groter breuk in ons gemeenskap ontstaan nie en dat ons inderdaad die mondstukke vir ons hele gemeenskap is en hulle bymekaar hou.

Ons mense het meer as enige ander tyd wat ons kan onthou in onlangse jare 'n behoefte om te weet dat ons werklik alles in ons vermo doen om hulle te beveilig, maar dat ons ook die wil het om aan elkeen die gevoel te gee dat hulle aan die samelewing behoort en dat daar ook na hul belange omgesien word. Vandag se debat was inderdaad vir my 'n bewys dat ons in hierdie baie moeilike tyd wel daardie gemeenskaplike politieke wil het. Ek vertrou dat ons, wat hierdie saak en ook ander sake betref, dit in die toekoms steeds sal h.

Debat afgesluit.

RASSISME

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel voor:

Dat die Huis -

(1) kennis neem van die rassisme, hetsy uitdruklik of by implikasie, wat steeds in die Wes-Kaap voorkom;

(2) bevestig dat die simboliek teen rassisme vergestalt is tydens die Boomplantingseremonie op 21 Maart 2000;

(3) homself verder daartoe verbind om alle vorme van rassisme aan te spreek en dat die huidige koalisieregering homself ook daartoe verbind om teen nie later nie as Junie 2000 te verseker dat:

(a) die provinsiale Kabinet hersaamgestel word om swart Suid-Afrikaners in te sluit;

(b) die verteenwoordiging van die koalisiepartye in die Huis swart Suid-Afrikaners sal insluit; en

(c) 'n beleid oor regstellende aksie strategies in die topbestuur van die Provinsiale Administrasie gemplementeer word sodat dit die totale demografie van die Provinsie weerspiel;

(4) 'n moniteringsmeganisme in plek sal plaas wat die provinsiale Kabinet verantwoording kan laat doen oor die voorstel en tydskaal hieraan verbonde.

Mnr die Speaker, Suid-Afrika het 'n baie moeilike geskiedenis. Dit is 'n geskiedenis van verontregting, van swaarkry en van bakhand staan. Dit is 'n geskiedenis van smart en lyding en 'n geskiedenis van weinig of geen menseregte nie. Dit is ook 'n geskiedenis wat praat van harde optrede, groot bravade en die lei van ons mense na vryheid.

Meneer, 1994 het aangebreek, en ons vestig die vry, nie-rassige, demokratiese Suid-Afrika. Kanan is binnegegaan; Israel is veilig en tuis. Ons moet kyk of die melk en die heuning vandag tot die beskikking van een en almal is - ses jaar later, in die jaar 2000. Wat s ons mense se ervaring? Wat s die ervaring van veral di mense wie se ervaring in die verlede nie die beste ervaring was nie en wat inderdaad in 'n groot mate die verontregting, swaarkry, smart, lyding, en so meer, vergestalt en beliggaam?

Op Porterville, in hierdie wonderlike provinsie, word enigiemand se hare by 'n sekere haarkapper nie gesny nie. Die probleem is die tekstuur van die hare. "Ons sny nie jou tipe hare hier nie", was die antwoord toe iemand daar aangedoen het vir 'n haarsny.

Op Velddrif, in hierdie selfde provinsie, word beweer dat 'n blanke vrouekonstabel ges het dat sy nie voor in 'n vangwa sit tussen twee Hotnotte nie. En die twee Hotnotte na wie daar klaarblyklik verwys was, was twee vrouekollegas.

Op Silwerstroomstrand, nader aan Kaapstad, moes bruin en swart tot onlangs in die jaar 2000 betaal het om toegang tot die strand te verkry. Net langsaan, by Melkbosstrand en Bloubergstrand - die beste strook van die kus in elk geval - het hulle gratis toegang tot die see gehad, en ek praat nou van blankes.

Op Prins Albert, in die Wes-Kaap, is daar 24 polisiemanne in diens van die SAPD. Van hulle is 22 blank en 2 bruin. Baie van die blanke polisielede daar se vroue is ook in diens van die SAPD.

Terwyl die agb Minister van Landbou, Eiendomsbestuur en Werke, wat vandag afwesig is, met die vorige sitting van die Huis opgemerk het dat dit wel is met plaaswerkers in die Wes-Kaap, was daar reeds by die Albertinia Polisiestasie 'n klagte teen 'n plaaseienaar gel oor die aanranding op 'n plaaswerker. Ek het nie nodig om 'n punt oor ras te maak nie, maar agb lede weet wie in die Wes-Kaap is plaaswerkers en wie is plaaseienaars.

In die Paarl is talle klagtes ontvang oor brutaliteit aan die kant van die polisie, en ook di klagtes loop langs rasselyne.

Op Dysselsdorp is allerlei klagtes geopper oor die bestuur en hantering van die tehuis vir bejaardes aldaar. Bruin bejaardes daar het onlangs gehoor dat hulle nie die kombi van die tehuis kan gebruik om die begrafnis van 'n inwoner by te woon nie. Hulle was toe verplig om self 'n kombi te huur ten einde die laaste eer te kon betoon.

Ek kom nou by die Prins Albert Hospitaal. Ek het 'n paar maande gelede in die Huis agb lede se aandag gevestig op die ernstige beweringe oor die manier waarop die hospitaal se sake bedryf word, en so meer. Die agb Minister van Gesondheid het daarop gereageer deur te s dat dit nie sy hospitaal is nie. Daar is 'n redelike dispuut oor di aangeleentheid.

Ek het slegs enkele gevalle genoem en wil vir geen oomblik beweer dat die lys volledig is nie. Wat al hierdie gevalle in gemeen het, is dat dit langs rasselyne loop. Die melk en die heuning is nie vir almal van ons die melk en die heuning nie. Bruin- en swartmense kry nog steeds swaar. In die Wes-Kaap wil dit nog steeds voorkom asof voorspoed net aan blankes behoort.

Mnr die Speaker, hoe kan dit anders daar buite gaan as verteenwoordigers van die volk opmerkings maak, soos, "bruinmense het vuil monde" - en ek vertaal vryelik; dat een van ons sterk punte ons vermo is om te kan "teel"; dat my dogter neem aanstoot wanneer 'n bruinkind haar moeder roep en, "Mammie", s; dat swart mammas in die Parlement in elk geval net daar is om padkos te versamel, en dat dit die rede is waarom hulle kongresse bywoon; ... [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Mnr die Speaker, rassisme is 'n internasionale verskynsel wat, as dit toegelaat word om onbelemmerd voort te duur, die kapitalistiese/kommunistiese koue oorlog van die verlede as die grootste enkele bedreiging vir die oorlewing van die mensdom kan vervang.

Rassisme is selfs nog dodeliker as Vigs, omdat dit die gees en die siel van die mens vernietig. Dit is waarom dit behoorlik gedentifiseer en gedefinieer moet word en nie as 'n werktuig gebruik moet word om ons afkeur van kritiek te kamoefleer nie. Ons moet aanvaar dat mense nie van ons kan hou nie vir wat ons simboliseer, hoe ons optree, hoe ons aantrek, ons vlakke van higine of hoe ons praat. Hulle kan om daardie redes nie van ons hou nie en nie as gevolg van ons ras of kleur nie.

Rassisme is 'n kanker, en aangetaste dele moet afgesny word. Ons moet drastiese maatrels ontwerp om die plegers van rassediskriminasie te identifiseer, te ontmoedig, aan bande te l en te straf.

Ek het ook my geduld met rassisme verloor. Niemand in die Huis moet bloot toeskouers by die beoefening van rassediskriminasie word nie. Rassisme is springlewendig in die hele Suid-Afrika. Elke daad van rassisme moet as 'n misdaad teen die mensdom, en nie 'n misdaad teen die ANC as sodanig nie, beskou word.

Rassistiese opvattings is nie die alleenbesit van die wittes in hierdie land nie. Swartes is ook rassisties. Kleurlinge is ook rassisties. Dit word nie gedefinieer in terme van wie 'n mens is nie, maar hoe jy dink. Deur die rol wat 'n spesifieke groep mense soos die Griekwa gespeel het en steeds in hierdie land speel, te vergeet, maak ook 'n daad van rassisme uit. Wie is by die onlangse konferensie oor rassisme uitgenooi om namens die kleurlinge te praat? Niemand nie.

Ek verdoem rassiste en rassisme. Dit sou egter uiters moeilik wees om diskriminasie teen individue te bewys, want ons Grondwet omskryf individuele vryhede so wyd dat dit vry wel by implikasie die reg tot nie-assosiasie kan erken. Die land se Grondwet s dat ek vryheid van assosiasie het, wat die vryheid kan insluit om nie te wil assosieer nie. Al wat ek kan s, is dat ander 'n mens kan haat, maar dit is net wanneer jy hulle terug haat dat hulle wenners word, en rassiste moet nooit as wenners uitkom nie.

Swartmense as 'n etniese groep word nie direk in hierdie Kabinet verteenwoordig nie. Dit is waar. Dit is ongelukkig, maar dit is nie die ontsegging van 'n reg nie. As dit die reg van swartes was om in die Kabinet te dien, kon ons vir ingryping deur die hof gevra het. Swartes, soos alle ander mense, kan seker wees dat hul grondwetlike regte voldoende beskerm word en dat hulle gelyke toegang tot alle bronne van gesag sal h, sou hulle die regstelling van griewe nastreef.

Wie in die Kabinet dien, is geheel na die goeddunke van 'n Premier, wat natuurlik aan sy partystrukture en -hirargie verantwoordelik is. Die uitslag van die verkiesing het nie baie plooibaarheid in keuse-variasies gelaat nie. In hierdie verband wil ek 'n beroep op die ANC doen om in die toekoms hul lyste te struktureer en hul volle talent te gebruik om swart Ministers vir die toekoms te vind om in die Huis te kom sit.

Ek wil nie sinies klink nie, maar moet die verkiesing van die agb Leier van die Opposisie as 'n voorkeurbeleid ten opsigte van kleurlinge gesien word? As hulle wou, kon hulle 'n swart leier verkies het, maar ek wil dit nie as voorkeurkleur behandel en sien nie. Dieselfde kan van hul keuse van Adjunkspeaker ges word, waar hulle die agb lid me Brown verkies het. Hulle het weer eens nagelaat om 'n swart persoon te verkies of te nomineer, maar ons sal hulle nooit van rassisme beskuldig nie. [Tussenwerpsels.]

Miskien is dit nie rassevoorkeur nie, en hulle kies eerder die meer bevoegde mense vir daardie poste. Waarom sal die samestelling van die Kabinet dan nie op dieselfde wyse gedoen word nie? Laat ons saamstaan om rassisme te beveg, maar laat ons insgelyks besluit om kritiek oor swak prestasie, lae produktiwiteit en onbevoegdheid aan hulle rasse-ingesteldheid toe te skryf. Terselfdertyd moet die ANC ook 'n mate van die blaam aanvaar, omdat ek daar was toe ons hulle drie poste in die Kabinet aangebied het. Hulle kon drie swartes aangestel het, maar hulle het die poste van die hand gewys.

Die pad na die Provinsiale Parlement is deur die stembus. Niemand, kleur ten spyt, kan die reg opeis om in die Provinsiale Parlement te dien nie. Die enigste pad hierheen is deur die stembus. As daar nie baie swartes daar sit nie, is dit die kiesers wat gepraat het, nie ons nie. [Tussenwerpsels.]

Ek wil daardie koor stemme wat s dat daar nie Afrikane in die Wes-Kaapse Kabinet dien nie, waarsku om versigtig na te dink. Ek is ook 'n Afrikaan, maar tog s mense daar is geen Afrikane in die Kabinet nie. As die President en Adjunkpresident gekleurdes kan verteenwoordig, waarom kan die Peter Marais's en die Patrick McKenzies nie swartes verteenwoordig nie? Agb lede moet my s waarom nie. Ons moet hulle as ons leiers aanvaar, en ek doen dit, maar hulle weier om kleurlinge as die leiers van swartes te aanvaar. Hulle wil h dat swartes hulself verteenwoordig. Hulle wil 'n driekamerstelsel h. Hulle wil h dat kleurlinge hier kleurlinge moet verteenwoordig, swartes swartes moet verteenwoordig, Indirs Indirs moet verteenwoordig, Damaras Damaras moet verteenwoordig en Griekwas Griekwas moet verteenwoordig. Hulle moet nou aan ons s of Peter Marais 'n Hotnot-Minister is of ook 'n Minister vir swartes is. As hulle dit nie kan beantwoord nie, is hulle steeds rassisties, net soos die Boere van ouds. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, tensy daar eenvormigheid in denke oor hierdie kwessies deur politieke leiers is, sal daar nie eenvormigheid van gedagte onder ons volgelinge wees nie. Tensy die ANC die eise van alle rasse tot die titel "Afrikaan" erken, en nie net di van swartes nie, sal die nuwe Suid-Afrikaanse nasie op 'n fondament van sand gebou word, en vroer of later sal dit die afkeur en gramskap ontketen van diegene wat deur sy beleidsrigtings gefrustreer word.

Ek het twee of drie weke gelede 'n debat in die NRVP bygewoon. Die ANC se voorstel vra vir 'n provinsiale perspektief op nasiebou en transformasie. Ek het daarheen gegaan en deelgeneem. Ek het gedink dit was 'n goeie voorstel, maar toe het ek di faks ontvang wat die ANC aan mnr Chris Taute gestuur het. Dit lees soos volg, en ek haal aan:

	Ek stuur solank vir jou 'n voorbeeld van die pamflette wat jy solank tussen die boere kan versprei om hulle te verdeel. Die doel van die pamflet is om hulle so gatvol te maak vir die DA dat hulle aan die einde van die dag nie gaan stem nie. Dit is nie een pamflet nie, jy moet verskillende pamflette maak. Ek stel ook voor dat jy jou eie ANC-boodskap op die agterkant van elke pamflet stuur.

Hulle s hier, en ek gaan voort:

	Al oortuig jy nie die boere nie, jy weet ten minste dat dit 'n klomp ure is wat die DA moet gebruik om die mense te oortuig om te gaan stem.

	Groete,

	Kobus

*En toe stuur hy die pamflet wat veronderstel is om gedruk te wees. Dit s hier, en ek haal aan:

	Vanjaar is die 100ste herdenkjaar van die Anglo-boereoorlog. Dit is ironies dat dit juis in hierdie jaar is dat die Afrikaner dit goeddink om sy siel aan die Engelse te verkoop. Die samesmelting tussen die DA en die NP is niks anders as 'n oorgawe van die Afrikaner aan die Engelsman nie. Wat gee die Afrikaner prys met so 'n samesmelting? Sy taal, sy kultuur.

[Tussenwerpsels.] Dit is hulle pamflet. Aan die een kant s hulle dat ons 'n nasie moet bou, maar aan die ander kant s hulle dat ons die mense moet verdeel. [Tussenwerpsels.] Ek het die persoon se faksnommer hier, want wanneer 'n mens 'n faks stuur, kan dit opgespoor word. [Tyd verstreke.]

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ons kan in hierdie Huis sit en voorgee dat daar geen nalatenskap van rassisme in hierdie land is nie. Ons kan in die Huis sit en voorgee dat daar steeds vandag nie so 'n ding is soos twee nasies wat in dieselfde land woon nie. Ons kan in die Huis sit en voorgee dat die werklikheid van swartmense nie bestaan nie, en wanneer ek van swartmense praat, praat ek in die inklusiewe sin van Afrikane, kleurlinge en Indirs. Die verskille tussen hulle gemeenskappe en diegene wat in die verlede bevoordeel is, is steeds baie groot. Ons kan in die Huis sit en voorgee dat daardie werklikheid nie bestaan nie.

Ons weet dat hulle aan daardie kant van die Huis dit graag sou wou wegwens. Hulle het probeer om dit te doen. Hulle probeer filosofiese argumente oor die kwessie van rassisme voorhou, wat, sover dit die agb Minister van Maatskaplike Dienste betref, 'n groot teleurstelling was. En, binne 'n kort rukkie, gaan ons van daardie kant van die Huis hulle hoogheilige en selfvoldane gekwetter oor die aangeleentheid hoor. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, laat my toe om die werklikheid uit te spel, en ons kan die redes wat deur die agb Minister van Maatskaplike Dienste aangevoer is, heeltemal ignoreer. Ons kan hul verskonings ignoreer. Die werklikheid is dat die Grondwet ons verplig, en hulle moet die Grondwet lees, om die nalatenskap van apartheid reg te stel. Wat is die fundamenteelste werklikheid van daardie nalatenskap? Dit is dat in hierdie land die meerderheid mense - die kleurlinge, Afrikane en Indirs - nie in senior besluitnemingsforums en in senior poste in die werkplek verteenwoordig is nie, en nie toegang tot grond en finansiering, en so meer, gehad het nie. Die Grondwet vra ons om daardie nalatenskap reg te stel en dit sluit die bevordering van verteenwoordiging in waar daar niks in die verlede was nie.

Laat my voortgaan om die agb Minister van Maatskaplike Dienste uit te daag. Uit sy Kabinet, wat tans uit 10 Ministers bestaan omdat hulle mense voor die voet afgedank het, het hulle vier kleurlinge ... [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: Ons het jou ook afgedank.

*Me T ESSOP: Dank die vader dat ek nie in die agb Premier se Kabinet was nie. [Tussenwerpsels.] Hulle het vier kleurlinge, ses wittes en nie 'n enkele - om hulle woordspeletjie te speel - swart Afrikaan nie. Ek sal hulle nie net as "Afrikaan" omskryf nie, omdat hulle 'n bietjie deurmekaar is. Laat ons die term "swart Afrikaan" gebruik om dit vir hulle duidelik te maak. Daar is nie 'n enkele swart Afrikaan nie.

Niemand het ooit ges dat dit die reg van enigiemand is om hier te wees nie. Dit is ons morele plig om te verseker dat daar verteenwoordiging is. Hulle s dat hulle namens die gemeenskappe daar buite praat en dat hulle die benadeling en nalatenskap van die verlede wil regstel, maar hulle het geen geloofwaardigheid nie. Wie verteenwoordig die benadeelde gemeenskap wat in Guguletu en Khayelitsha en Langa woon? [Tussenwerpsels.] Wie verteenwoordig hulle? [Tussenwerpsels.] Niemand in hierdie Kabinet kan aanvoer dat hy die lewe van 'n individu ken wat in Langa of Guguletu of Khayelitsha woon nie.

*Die PREMIER: Weet jy?

*Me T ESSOP: Ja, ek weet. Ek het baie jare lank daar gewerk. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, in die DA self was dit, interessant genoeg, maar net onlangs dat hulle 'n swart Afrikaan gekry het. [Tussenwerpsels.] Maar onlangs! [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: O, wat 'n rassistiese aanmerking!

*Me T ESSOP: Ja, seker! Dit het hom 'n paar afdankings gekos om daar te kom. [Tussenwerpsels.] 

Mnr die Speaker, die werklikheid van die huidige situasie - uit hul eie dokument - is dat in senior bestuursposte in hierdie Provinsie, uit die totaal op die senior bestuursvlak 70,16% wit is. Ek weet nie hoe hulle dit uitwerk nie. Dan, 0,8% is Afrikane, terwyl 25% kleurlinge en 4,4% Indirs is. S vir my dat dit verteenwoordigend is! Om in hierdie dag en tyd 70% van die senior poste in die Staatsdiens wit te h, is nie om enige nalatenskap reg te stel nie. En dit is die Staatsdiens wat sal moet verseker dat dienslewering in daardie gemeenskappe waarvan ons vroer gepraat het, in werklikheid doeltreffend en effektief gedoen word en met 'n sensitiwiteit vir die behoeftes van daardie gebied. [Tussenwerpsels.] Mnr die Speaker, dit is die werklikheid in hierdie Provinsie. [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: Kyk na die ander provinsies! Kyk na die ander provinsies en s vir my wat daar gebeur.

*Me T ESSOP: Die agb Premier kan skree soveel hy wil.

Mnr die Speaker, die feit is dat wanneer die ANC hierdie werklikheid ontmasker, hulle ons daarvan beskuldig dat ons rassiste is. Diegene wat rassisme en rassediskriminasie identifiseer, word die rassiste, maar ons weet dit van daardie ou oorblyfsel van apartheid daar oorkant.

Ons was ook baie genteresseerd om die DA se geskreeu te hoor toe ons hul eie rassisme ontmasker het. Daar word aan ons ges dat ons klaarblyklik haatspraak versprei. Ons s met graagte dat ons pamflet wel haatspraak verteenwoordig. [Tussenwerpsels.] Dit doen dit. [Tussenwerpsels.] Sal ek agb lede s waarom? Laat ek hulle s. Wanneer ons in ons pamflet iemand aanhaal wat s, "Kleurlinge teel aan soos hase", "Hulle het vuil monde" en "Kleurlinge sal nie in 'n leeftyd regkom nie", is dit haatspraak. Ons beweer dat dit haatspraak is. Dit is die woorde van Yvonne Woods, nie iemand in die ANC nie. Die ANC het dit net ontmasker.

*Die MINISTER VAN MAATSKAPLIKE DIENSTE: Ons het teen haar opgetree!

*Me T ESSOP: Die agb Minister het nie! [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, wanneer ons die woorde aanhaal, "Dit is belaglik vir 'n skoolsielkundige om 'n Joodse seuntjie na 'n swart Moslem-skool te verwys", ...

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Dit is nie 'n aanhaling nie. Dit is 'n verkeerde aanhaling ("misquote")!

*Me T ESSOP: Goed! Die agb Minister is in elk geval heeltemal "gemis". [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, daar word ges, "Dit is belaglik om 'n Joodse seuntjie na 'n swart Moslem-skool te stuur" - 'n opsomming van die aanhaling. Dit is nie ons woorde nie, mnr die Speaker, maar die woorde van die agb Minister van Onderwys wat daar oorkant die vloer sit. [Tussenwerpsels.] Ja, as dit haatspraak is, voer ons aan dat dit haatspraak is. [Tussenwerpsels.] Mnr die Speaker, ons het die woorde aangehaal, "Die ANC-vroue in die Nasionale Vergadering dra nie iets van waarde by nie. Hulle is 'n vermorsing van belastingbetalers se geld en al wat hulle in werklikheid doen, is om daar te sit, middagete te geniet, padkos in te pak en in hulle C-klas Mercedes-Benze weg te ry." Dit is haatspraak, mnr die Speaker. Ons stem saam. Maar ons het dit nie ges nie! [Tussenwerpsels.] Ons het dit nie ges nie. Die agb Minister van Onderwys het dit ges.

Ja, mnr die Speaker, wanneer die DA in die openbaar s dat ons pamflet haatspraak is, is hulle reg. Hulle is heeltemal reg. Dit is haatspraak! Dit is die haatspraak wat van oorkant die Huis kom. Mnr die Speaker, hulle kan ons uitdaag. Hulle kan ons na prokureurs neem. Die agb Minister van Onderwys moet die Hansardverslag van haar toesprake lees, omdat dit duidelik is dat die leiers in die Huis versigtig moet wees met die dinge wat hulle s.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Jy is 'n mooi een om te praat!

*Me T ESSOP: Die agb Minister moet stilbly. [Tussenwerpsels.] Hy moet stilbly. Mnr die Speaker, hy laat my weer na die Huis verwys. Wanneer die agb Premier 'n boom plant as 'n simbool teen rassisme, hoop ons dat sy simboliek verder sal strek as die plant van daardie boom, en dat hy sal begin optree waar hy vind dat daar ernstige rassediskriminasie is, sowel as rassistiese houdings en vooroordele wat voortgesit en steeds gesteun word deur agb lede aan daardie kant van die Huis.

Die skynheiligheid en selfvoldaanheid van veral die DP maak hierdie land baie onveilig vir blankes wat die Rubicon oorgesteek het en wat ges het dat hulle deel van 'n getransformeerde Suid-Afrika wil wees, dat hulle aanvaar dat die verlede gebeur het en spyt is daaroor, maar dat hulle nou hierdie nasie wil uitbou. Wat hulle met hul haatspraak doen, is om transformasie sistematies teen te staan. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, hierdie kant van die Huis sluit by ander partye aan om rassisme te veroordeel en ons verbind onsself daartoe om met alle ander goedwillige Suid-Afrikaners saam te werk om die nalatenskap van apartheid en rassisme te beveg, of dit nou die ou of die toenemend heersende nuwe soort is.

Ons stem saam dat insidente van rassisme blootgel moet word en dat Suid-Afrikaners aktief daarna moet streef om die alternatief - 'n nie-rassige oop samelewing - te bewerkstellig. Anders as die ANC glo ons egter nie dat 'n mens rassisme beveg deur die samelewing te herrassialiseer nie, rasseklassifikasie weer in te stel en kwotas op alle vlakke van die lewe in te stel nie. Die ANC se benadering moedig Suid-Afrikaners weer eens aan om mekaar op grond van hul velkleur aan te slaan eerder as op die inhoud van hul karakters. [Tussenwerpsels.]

Terwyl die ANC die beleid van rassekoppetelling propageer, mnr die Speaker, voer hulle dit natuurlik nie uit nie. Hulle voer aan dat hulle 99% van swart Afrikane in die Wes-Kaap verteenwoordig, maar dit word beslis nie in hul openbare verteenwoordiging hier weerspiel nie. In teenstelling het hulle gans te veel wit Afrikane in verhouding tot hul magsbasis. En ek kon voortgaan om hul verteenwoordiging, rassegroep op rassegroep, te dissekteer, maar dit sou wees om in hul lokval te trap deur die wreld in rassekompartemente te sien en elke individu dienooreenkomstig te beoordeel. Ons het hierdie soort denke dekades lank tegestaan, en ons sal dit steeds doen. Dit is omdat ons rassisme verafsku.

Trouens, mnr die Speaker, die enigste mense wat duidelik lyk of hulle daarop teer, is die ANC. Hulle spoor enige moontlike rasse-insident op, en dink selfs 'n paar uit, en dink beslis aanhalings uit wanneer hulle ook al kan, sodat hulle kan meedoen aan hul gunsteling stokperdjie van populistiese, rassistiese demagogie. Dit is heel klaarblyklik dat "wit gevaar"-taktiek die temaliedjie van hul verkiesingsveldtog sal wees.

Terwyl ons saamstem dat rassisme blootgestel moet word, en dat 'n enkele voorval van rassisme een te veel is, soek die ANC elke insident waaraan hulle moontlik 'n rassestertjie kan las. Ons het dit so pas ervaar met die agb lid me Essop - selfs al moet sy aanhalings uitdink, om nie eens te praat van 'n prentjie van 'n ooievaar wat op 'n asblik sit nie, wat sy nagelaat het om te noem, en dit dan holrug ry om die laaste greintjie verkiesingsgewin daaruit te haal. [Tussenwerpsels.]

Terwyl ons aan hierdie kant van die Huis rassisme veroordeel, vier ons ook die duisende voorbeelde van nie-rassisme waarvan ons land ook getuig, soos wat ek gister gesien het toe ek skole vir erg gestremde leerders besoek het, waar volwassenes van alle rasse hul lewens op 'n onselfsugtige wyse wy aan ernstig gestremde kinders van alle rasse. Die ANC ignoreer opsetlik hierdie voorbeelde ten einde dan 'n rasgebaseerde pakt te vorm om in die Wes-Kaap aan die bewind te kom. Om dit te doen, moet hy alle wittes wat toevallig nie aan die ANC behoort nie, as 'n rassistiese vyand skilder. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die groot ironie is egter dat die werklike belediging en aanslag teen miljoene van ons mede-Suid-Afrikaners nie deur wittes beplan word nie; inteendeel. Rassistiese insidente soos die een van die haarkapper moet natuurlik veroordeel word. Dit was egter nie 'n wit Minister wat nagelaat het om R500 miljoen van haar departement se begroting wat vir armoedeverligting geoormerk was, te bestee nie. Dit is nie 'n wit Minister wat weier om die skadevergoeding te betaal wat deur middel van die WVK-proses beloof is nie. Dit is nie 'n wit President of wit Minister van Gesondheid wat onverstaanbare beleidsrigtings oor MIV/Vigs navolg wat, wanneer dit eendag uit die perspektief van die geskiedenis beoordeel word, as nog 'n misdaad teen die mensdom gesien sal word nie, want hierdie beleid sal volksmoordagtige gevolge h. [Tussenwerpsels.] En dit is nie 'n wit President of Minister van Gesondheid wat weier om anti-retrovirale middels aan verkragtingslagoffers of swanger vroue, die meeste van wie, gegewe die demografie van Suid-Afrika, swartes is, toe te dien nie.

Trouens, mnr die Speaker, die enigste mense in Suid-Afrika wat hul invloed gebruik om te verseker dat swanger vroue toegang tot hierdie middels kry, is 'n wit manlike Minister van Gesondheid in die Wes-Kaap, my agb kollega, en 'n wit manlike lid van die PAC, dr Costa Gazi. Die ANC kan 'n obsessie h oor die feit dat die agb Minister van Gesondheid en dr Costa Gazi wit en manlik is, maar ek kan vir agb lede s dat die MIV-positiewe moeders wat voordeel trek uit hul beleidsrigtings en praktyke nie 'n flenter kan omgee watter kleur hulle is nie. [Tussenwerpsels.] Ek sou my indink dat hulle net verlig is dat iemand aan hulle toegang verleen tot die middels wat hulle nodig het om hul kinders 'n kans in die lewe te gee. En hierdie deernisvolle, sorgsame Suid-Afrika is wat ons aan hierdie kant van die Huis streef om te skep. [Tussenwerpsels.]

Enige individuele rassistiese dade wat wit Suid-Afrikaners steeds teen hul mede-Suid-Afrikaners mag pleeg, en daardie rassistiese dade gebeur wel en ons verafsku hulle onomwonde, is heeltemal onbenullig wanneer dit gesien word teen die agtergrond van die onregverdigheid wat tans deur swart leiers in hierdie land gepleeg word teen die swart medeburgers wat hulle beweer hulle verteenwoordig. [Tussenwerpsels.] En dit is presies waarom die ANC probeer om die rassedebat met sulke ywer aan te roer. Hulle is desperaat om die klein minderheid wit Suid-Afrikaners die sondebok vir hul eie toenemend duidelike beleidsmislukkings te maak. [Tussenwerpsels.]

Die gevolge sal natuurlik tragies vir Suid-Afrika wees. Gebrandmerk as die vyand, kom groterwordende getalle wit Suid-Afrikaners met welwillendheid en talent wat werklik 'n bydrae wil maak tot die gevolgtrekking dat daar geen toekoms hier vir hulle, of hulle kinders, in 'n land is wat regeer word deur 'n ANC wat 'n obsessie oor ras het nie. Nie net wit Suid-Afrikaners nie, maar middelklas Suid-Afrikaners van alle rasse wat die keuse het om 'n toekoms elders te soek, doen dit toenemend, omdat hulle nie 'n herhaling wil h van die verdelende politiek van rasseverdeling wat deur die ANC gesaai word nie.

Kan 'n mens jou indink, mnr die Speaker, wat sou gebeur het as ons aan hierdie kant van die Huis tot dieselfde vlak gesink het om aanhalings uit te dink en om ander dinge te doen? As ons die veragtelike spel van rasse-aanhitsing gespeel het, kan 'n mens jou indink watter siniese gebruik ons van die tragiese Fairhead-moorde in die Oos-Kaap kon gemaak het? [Tussenwerpsels.] Of die Flower-bendemoorde van Nieuwoudtville? [Tussenwerpsels.] Of die Franschhoek-pas-moorde? [Tussenwerpsels.] Kan 'n mens jou indink wat ons kon gedoen het indien ons tot dieselfde vlak gedaal het? [Tussenwerpsels.]

In die konteks van die rassedebat is dit waarskynlik nodig om 'n rukkie by die kwessie van die Franschhoek-pas-moorde stil te staan, omdat dit tot die mees perverse vertoning van omgekeerde rasselogika wat ons vir 'n lang ruk in Suid-Afrika gesien het, aanleiding gegee het. Dit was een van die mees grafiese voorbeelde van die bitter vrugte van haat wat Suid-Afrika ingevolge die ANC se beleid van herrassialisasie pluk. [Tussenwerpsels.] Dit was 'n uiters gevoellose voorafbeplande moord, maar toe die moordenaars lewenslange gevangenisstraf opgel is, het hul gesinne 'n rasse-insident daarvan gemaak, die regter blameer asook die dooie man se bejaarde vader, trouens, enigiemand behalwe die werklike plegers. Ek glo dat tonele soos hierdie baie onwaarskynlik sou gewees het onder voormalige President Mandela se diplomatiese leierskap. En indien sulke insidente gebeur het, sou hulle prontuit van die hoogste vlak af veroordeel gewees het ... [Tussenwerpsels.] ... omdat President Mandela die voorbeeld gestel het en getrou was aan die visie van nie-rassisme. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Die MINISTER: Die ANC van vandag is egter heeltemal 'n ander maaksel. [Tussenwerpsels.] Die party se leierskap moedig aktief 'n beleid aan om wittes of Marsmanne of vreemde wesens te blameer wanneer enigiets skeef loop! [Tussenwerpsels.] President Thabo Mbeki het binne 'n enkele jaar President Mandela se nalatenskap van nie-rassisme tot niet gemaak. [Tussenwerpsels.] Ek dink nie daar is baie partye in die geskiedenis van die wreldpolitiek wat so gou soos die ANC so 'n internasionale reservoir van welwillendheid en respek verspil het nie.

Hulle het hul nalatenskap van nie-rassisme laat vaar en hul eis verbeur, wat in elk geval nooit geldig was nie, om 'n monopolie op moraliteit te h. En binne Suid-Afrika het hulle hul intellektuele basis verloor. Baie min denkende mense wil hulle met die ANC assosieer, soos hy van een beleidsblaps tot die volgende beleids-blaps strompel. Dit sal baie ernstige gevolge vir hulle h. 'n Mens moet net die verleentheid sien wanneer mense kyk hoe die nasionale Minister van Gesondheid op televisie te kere gaan. [Tussenwerpsels.]

Dit is omdat bevoegdheid toenemend irrelevant vir die ANC geword het. Die ANC se beleid van regstellende aksie, mnr die Speaker, is eintlik 'n "baantjies vir boeties"-beleid. Solank 'n mens die ANC steun, blindelings lojaal aan die President is, verkieslik genoeg melanien in jou vel het en 'n X-chromosoom, kwalifiseer jy vir 'n toonaangewende en invloedryke pos. Die vertoning van die nasionale Minister van Gesondheid op televisie gisteraand illustreer die gevolg van hierdie jammerlike toestand van sake. [Tyd verstreke.]

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, die voorstel van die agb lid mnr Byneveldt dek 'n wye veld. In die beperkte tyd tot my beskikking sal ek probeer om die hele kwessie van regstellende aksie in die PAWK te dek.

Meneer, die hele debat oor rassisme en diskriminasie, en gevolglik ook die toepassing van regstellende aksie, sal nog vir die volgende generasies met ons wees. Rassisme sal moontlik net van kleur verander. Rassisme, soos ons dit in die ou Suid-Afrika geken het, het gegaan oor die onts van sekere mense se regte en die toe-eiening van soveel regte wat mense ook nie eens kon hanteer nie. Die mense wat hulself regte toegeien het, ongelukkig, was wit, en die mense wat hul regte ontneem het, was swart. Dit is rassisme in die ou Suid-Afrika.

Ek glo dat die rassisme en diskriminasie waarmee ons te doen gaan kry, en die uitdaging waarvoor ons te staan gaan kom, sal rassisme of diskriminasie gebaseer op sosiale klasse wees, wat geen kleur ken nie. Dit is deel van die uitdaging wat ons almal sal moet aanpak.

Rassisme is 'n verskynsel en uitdaging wat ons slegs die hoof sal kan bied wanneer ons almal met eerlikheid en vanuit alle perspektiewe daarna begin kyk. Ons is almal daaraan skuldig dat ons ons begrippe van rassisme en regstellende aksie wil rasionaliseer, goedpraat of verdedig om ons sienswyses en optredes te probeer regverdig.

Die Wes-Kaapse Regering moet erken, en die blaam neem, dat hulle gruwelik gefaal het om werkgeleenthede in die PAWK eweredig en verteenwoordigend toe te ken. Die agb Ministers wat vandag in die Huis is en voormalige Ministers wat moontlik teenwoordig mag wees, mag moontlik van die standpunt uitgaan dat aanstellings in die Administrasie nie hul verantwoordelikhede is of was nie. Ek glo egter dat die Ministers verantwoordelik is om politieke rigting aan 'n departement aan te dui, en dat 'n Minister die politieke en morele verantwoordelikheid het om toe te sien dat ons so na as moontlik aan die uitvoering van die Grondwet probeer lewer.

Ek glo dit is vir die koalisieregering moeilik om te erken dat ons in di opsig moontlik gefaal het. Ek dink dit sal ons in die Provinsie nogtans 'n hupstoot gee as hulle grootmoedig genoeg sal wees om te erken dat hulle gefaal het en ons sal inlig oor hoe hulle beoog om dit reg te stel.

Die feit dat hierdie regstelling nie plaasgevind het nie, veral toe die geleenthede daarvoor bestaan het, wek agterdog en maak die deur oop vir wye interpretasies, spekulasies en beskuldigings, of dit geregverdig is, al dan nie. Daar bestaan 'n wye persepsie dat die Wes-Kaapse Administrasie 'n soort veilige hawe vir blanke staatsamptenare vanuit al die ander provinsies is, ten koste van goed gekwalifiseerde mense van kleur in die provinsie.

Meneer, as ek praat van "mense van kleur", is my bedoeling nie "tokenism" om mense aan te stel net om 'n swart of bruin persoon daar te h nie. In di provinsie is goed gekwalifiseerde mense van kleur wat in enige posisie aangestel kan word en die werk daar kan verrig wat van hom/haar vereis word.

Selfs nadat die Employment Equity Act, 1998 (Wet 55 van 1998), gepromulgeer was, is geen doelgerigte poging aangewend om hierdie skewe grafiek te probeer regstel nie. Ek sal die advertensie wat oor die komende naweek in die Sondagkoerante geplaas sal word, probeer volg en uitsien na die resultate wat moontlik aan die einde van die jaar of vroeg volgende jaar sal realiseer.

Mnr die Speaker, ek wil die agb lid mnr Byneveldt bedank vir sy voorstel. Ek kan met sekere dele van die voorstel volmondig saamstem. Ek wil hom egter ook daaraan herinner dat daar iets soos moraliteit is. Met "moraliteit" bedoel ek dat as ek teen, byvoorbeeld, diefstal gekant is en my kind raak betrokke in 'n diefstalsaak, ek nie ter wille van my kind terugstaan en skielik stil raak oor diefstal nie. Dit is wat moraliteit vir my beteken.

Dit is goed en regverdig om die Wes-Kaapse Regering te veroordeel vir hul toepassing van regstellende aksie en hul gesloer met transformasie. Maar die wyse waarop die nasionale Regering en ANC-beheerde provinsies regstellende aksie toepas, is ewe onaanvaarbaar. Ek kan in 'n mate verstaan as die Nuwe NP dit doen, en slegs in 'n mate, want hulle moet nog die paradigmaskuif neem en verstaan wat die eise van die nuwe Grondwet is. Die ANC kan ek egter nie vergewe nie.

Die ANC is die argitekte van transformasie, van waar ons vandag is. As dieselfde mense wat geveg het om menseregte in 'n grondwet te vervat, heengaan en menseregte, selfs met betrekking tot regstellende aksie, gruwelik nalaat, is dit onaanvaarbaar. In sy toepassing van regstellende aksie diskrimineer die ANC baie keer teen die mense wat hulle juis moet bevoordeel. Ek kan nog verstaan as die ANC op 'n dag vir bruinmense s hulle was in 'n groot mate deel van die bevoordeling van die verlede. Ek kan dit verstaan en sal dit in 'n mate aanvaar. Maar, meneer, die ANC diskrimineer teen swartmense, Afrikane, en dit vind ek kommerwekkend.

Heel dikwels word die ANC se regstellende aksie daaraan gekenmerk dat as iemand nie die lidmaatskapkaart van 'n sekere party ... [Tussenwerpsels.] ... kan toon nie, hy/sy nie vir regstellende aksie kwalifiseer nie. Dikwels, selfs al is 'n persoon in besit van die ANC-lidmaatskapkaart maar nie in 'n sekere groep beweeg nie, sien hy/sy ook nie die lig nie. [Tussenwerpsels.]

Ek wil vir die agb lid mnr Byneveldt vra om, as ons die koalisieregering kritiseer oor die wyse waarop hulle regstellende aksie toepas, met dieselfde ywer en dieselfde meedonloosheid die toepassing van regstellende aksie in alle sfere en op alle vlakke aanmoedig. [Tussenwerpsels.]

'n AGB LID: Noem een voorbeeld daarvan. [Tussenwerpsels.]

Mnr H A LEWIS: Ek wil die hele Huis daaraan herinner dat daar verlede jaar in 'n stadium op nasionale vlak 28 direkteurs-generaal aangestel was. Ek wil nie uitbrei oor hoe die samestelling daar uitgesien het nie. [Tyd verstreke.]

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, oorspronklik wou die ANC gehad het dat ons vandag twee voorstelle oorweeg wat albei oor kwessies rondom rassisme handel. Gegewe die wankelrige toestand van hul alliansie, hul skokkende gebrek aan dienslewering aan die armes van hierdie land en hul onverstaanbare standpunt oor Zimbabwe en Vigs, is dit geen verrassing dat die ANC begin het om rasseverskille in ons samelewing te beklemtoon en om die rasspeelkaart by elke geleentheid te speel nie.

Die onlangse konferensie oor rassisme wat deur die Menseregtekommissie gehou is, moes 'n eerlike poging gewees het om volgehoue insidente van rassespanning of diskriminasie te identifiseer en aan te pak. In plaas daarvan het dit 'n platform vir die ANC geword om klappe aan die opposisie, die media en ander kritiese onafhanklike stemme van die burgerlike gemeenskap uit te deel. Die voorstel voor die Huis vandag poog om dieselfde te doen.

Mnr die Speaker, om "rassisme" te skreeu, het 'n mantra geword om kritiek van die regerende party weg te keer. Dit is 'n onaangename waarheid vir almal van ons wat die geweldige versoenende rol wat voormalige President Nelson Mandela gespeel het, erken en eer. Ons is gesen deur 'n merkwaardige individu as ons leier te gehad het, wat die grense van party en ras te bowe gegaan het en beginsels bokant politiekery, en diens bokant die eie ek, gestel het. Onder die invloed van President Mbeki het die ANC binne net 15 maande van sy ampsbewind daarin geslaag om die saak van nasionale versoening en nasiebou terug te plaas na die pre-Mandela era.

Mnr die Speaker, die ANC is verder besig om baie van die deure van politieke, ekonomiese en kulturele vordering een vir een in die gesig van minderhede toe te maak. Die beginsel van nie-rassisme word op die altaar van die magspolitiek opgeoffer. Dit is 'n taktiek wat ons gemeenskap, media, regbank en opposisie moet sien vir wat dit is, en ons moet dit met al ons middele teenstaan.

In plaas daarvan propageer die ANC nou 'n "twee nasies"-teorie. Dit is implisiet in elke woord wat hulle praat en op elke platform, ... [Tussenwerpsels.] ... en ons sien dit ook in elke debat in die Huis. Wittes en swartes is nou die dominant en die gedomineerde, en die kleurlinge en die Indirs word eenvoudig buite die prentjie gelaat. Dit, ietwat bisar, ten spyte van ons demokratiese Grondwet en Handves van Regte.

Mnr die Speaker, paragraaf (1) van die voorstel lui, en ek haal aan:

... kennis neem van die rassisme, hetsy uitdruklik of by implikasie, wat steeds in die Wes-Kaap voorkom; ...

Dit is tipies van die plaaslike regering strategie van die ANC wat daarop gemik is om ten minste gedeeltelik die aandag af te trek van die voortdurende ekonomiese ongelykhede wat die Regering nagelaat het om te versag deur middel van effektiewe dienslewering en positiewe ekonomiese prestasie.

Die Regering is nou ses jaar lank aan die bewind - tog is alles steeds die fout van die geskiedenis en apartheid. Sover dit ons in die DA betref, is gelykheid ondeelbaar. Diskriminasie is diskriminasie, waar dit ook al aangetref word, en dit is ewe verwerplik waar dit ook al gevind word. Ons is een nasie met een toekoms.

Mnr die Speaker, ons steun ten volle enige ware pogings om ons land van enige oorblywende rassisme en etniese diskriminasie tussen swart Suid-Afrikaners vry te maak. Ek kom van 'n politieke party wat 'n trotse tradisie van steun vir nie-rassisme het en ek sal voortgaan om hierdie beginsel in alle aspekte van my lewe te handhaaf. [Tussenwerpsels.] Ons aan hierdie kant van die Huis sal egter nooit die flagrante uitbuiting van sogenaamde rassevraagstukke en die najaag van so 'n agenda vir korttermyn politieke gewin deur die regerende party steun nie.

Ons het daarvan kennis geneem hoe die huidige fokus op ras ontvou het sedert dit die eerste maal deur President Mbeki in Januarie aangekondig is. Rassisme is vandag, mnr die Speaker, die enigste gom wat die drieparty-apartheid-alliansie aanmekaar hou. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, maar wat van ons toekoms? Dit is slegs die uitwissing van armoede en skep van nuwe werkgeleenthede en ander geleenthede wat 'n rasgebaseerde geveg tot die dood oor krimpende lewensmiddele in 'n kwynende ekonomie sal keer. [Tussenwerpsels.]

Dit is presies op hierdie gebied waar die ANC-regering gefaal het. [Tussenwerpsels.] Dit is omdat hulle daarop aangedring het om die steunpilare van goeie regering af te breek, terwyl hulle terselfdertyd die eise om dienslewering laat styg, dat hulle juis die verwagtinge wat hul beeldsprakerige retoriek ontlok, vernietig het.

Die ANC-regering het die mense in die steek gelaat deur 'n stel teenstrydige ekonomiese beleidsrigtings sonder enige prioritisering na te volg. In hierdie konteks bevoordeel regstellende aksie die nuwe elite as 'n goedkoop, maar uiteindelik maatskaplik skadelike plaasvervanger om meer werkgeleenthede en ander geleenthede vir almal in 'n groeiende ekonomie te skep.

Mnr die Speaker, as agb lede aan daardie kant van die Huis die moeite wil doen om na die huidige meningspeilings se statistiek te kyk oor of swart ANC-ondersteuners in werklikheid regstellende aksie steun, sal hulle vind dat 52% van hul eie ondersteuners tans nie regstellende aksie steun nie en 52% in der waarheid nou merietegebaseerde opsies vir Suid-Afrika steun. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ten einde rassespanning in Suid-Afrika te verlig en vrede en versoening te bereik, moet ons ophou om die nasie in ons gedagtes te verdeel en begin om geleenthede vir almal in die rele wreld te vermenigvuldig. Dit is vir die ANC om dit ernstig op te neem.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ongelukkig is die probleem met die aangeleentheid onder bespreking dat ons nog in die stadium van debatvoering is van of daar 'n aangeleentheid is om te bespreek. Ons kom nie werklik by 'n debat uit oor hoe om rassisme te beveg en die nalatenskap van apartheid om te keer nie, maar is eerder besig om debat te voer oor of ons in werklikheid 'n debat moet h, of rassisme bestaan en of ons uit die wegspringblokke is. [Tussenwerpsels.]

Hoekom is daar sommige wat so desperaat is om enige debat oor rassisme te probeer weier? Wat is die redevoering, veral deur die DP-komponent van die DA aangedryf, waarom daar so heftig gepoog word om 'n debat oor rassisme te weier? Ek wil nie s dat dit noodwendig 'n verderflike gees is wat dit probeer weier nie. Ek dink dat daar 'n paar filosofiese steunpunte is wat verhoed dat rassisme op hierdie tydstip, byna sewe jaar na 1994, ondersoek en gedebatteer kan word.

Dit kom na vore uit 'n perspektief van stryd - en ek het hierdie debat 'n tyd gelede met die agb Minister van Onderwys gevoer - wat die vernaamste boosheid van apartheid as 'n menseregte boosheid sien, dat die eintlike probleem van apartheid was dat dit mense volgens ras verdeel het en toe daardie verdeling op die Wetboek geplaas het. Die verdwyning van apartheid uit die Wetboek en uit die Grondwet beteken dus dat ons nou apartheid weggeneem het en dat ons nie-rassige realiteit op hande is. Ons taak is nou eenvoudig om te verseker dat mense met mekaar versoen raak en mekaar vind. Enige ontydige verwysing na ras en rassisme is, volgens hierdie argument, 'n terugslag vir versoening.

Hierdie gesprekvoering vermy effektief 'n debat en s dat hulle nie net nie 'n debat daaroor wil voer nie, maar dat 'n debat ongeoorloof is. Daardie gesprek in sy gespierde weergawe onder Tony Leon word aggressief, indien nie skadelik nie. En dit poog nie net om 'n bespreking van ras en rassisme te ontwyk nie, maar om dit ongeoorloof te maak.

Dit is gevaarlik om te veronderstel dat op die tydstip in 1994 toe ons gestem en mnr Mandela as ons President verkies het, daar 'n gelykheid of ewewig was. Nie een van ons hier wat van Afrika, kleurling en Indir gemeenskappe afkomstig is, kan dit veronderstel nie. Dit ontmoedig die skepping van meganismes om bewustelik die werklike, brandende ongelykhede aan te spreek soos hulle deur die Afrika, kleurling en Indir gemeenskappe ervaar is.

Dit gaan selfs verder en word nog skadeliker, omdat dit poog om oor die bestaande ongelykhede die idee te superponeer, wat vir enige verstandige en redelike mens goed klink, van Suid-Afrika as 'n meritokrasie - elkeen uit dieselfde wegspringblokke. So 'n superponering van meriete as die maatstaf vir alles kan geen ander oogmerk h as die aktiewe behoud van wit voorregte aan die een kant en oorwegend swart armoede aan die ander kant nie.

Dit poog ook om swartes te oorreed om nie gelykheid, of selfs regverdigheid, na te streef nie en beskuldig die einste slagoffers van rasse-ongelykheid van rassisme omdat hulle probeer om daardie ongelykhede reg te stel en meganismes soos regstellende aksie, billike indiensneming en baie ander te implementeer as pogings om die gemeenskap te herrassialiseer, asof die gemeenskap in die eerste plek na 1994 gederassialiseer is. [Tussenwerpsels.]

Nog skadeliker, hierdie filosofie kalmeer die gevoelens van wittes deur te s dat hul soms onregmatig verkre voordele onder apartheid in der waarheid 'n standaard is wat hulle aan die res van die gemeenskap moet voorhou om te bereik en dat hulle slegs daardie lewenstandaarde, daardie standaarde van rykdom, onderwys, gesondheidsorg en so aan hoef te handhaaf en dat hulle geen opofferings in hul lewenstyle hoef te maak nie. Die ander moet almal na bo filtreer, na bo deursyfer deur middel van die skepping van elites.

As 'n mens na die onderwys kyk, sien jy dat die finansieel mobiele sektore van die kleurling en Afrika gemeenskappe na die voormalige Model C-skole kan gaan. Dit is waar ons meng, maar op die laagste vlak, in die Uitsigte en die Guguletu's, verdoem ons die werkerklas, grotendeels swart en kleurling, tot 'n lewe en 'n onderwysstelsel wat aan hulle geen toekoms bied nie.

Ons het ook 'n nuwe beginpunt tot die debat oor ras nodig. 'n Nuwe vlak van debatvoering is absoluut kritiek. Tot nou toe was die debat oor ras in die Wes-Kaap in 'n groot mate gefokus op die kleurling gemeenskappe. Is Afrikane 'n bedreiging vir kleurlinge? Voel kleurlinge tuis in die nuwe Suid-Afrika? Was hulle voorheen nie te wit en is hulle nie te swart vandag nie? Dit is die soort kwessies wat na vore gekom het. Die debat oor ras in die Wes-Kaap was oor verhoudings tussen kleurlinge en Afrikane.

Vandag moet ons aanvoer dat so 'n eksklusiewe fokus op Afrika en kleurling ervaringe van ras en rassisme nie net onbehulpsaam is nie maar selfs moreel verkeerd is. In die eerste plek maak dit die vernaamste slagoffers van rassisme, die kleurling en Afrika gemeenskappe, die hoofoorsaak van rassespanning vandag. As die kleurlinge en Afrikane tog net nie so gespanne met mekaar was nie, kon ons dit uitsorteer. Dit daag die vernaamste slagoffers uit om eksklusief die bron van die oplossing te wees. Kleurlinge en Afrikane moet nou skielik mekaar vind indien ons 'n harmonieuse gemeenskap gaan h. Daardie debat moet omgekeer word.

In die tweede plek neem dit die morele verantwoordelikheid om met rassisme en rasse-ongelykhede te handel, van die vernaamste begunstigdes van apartheid weg. In die naam van versoening moet ons saamstem dat die proses van die kwytskelding van blaam vir die gruwels van apartheid teweeggebring moet word, en ons stem daarmee saam, maar ons kan nie daarmee saamstem dat daar 'n kwytskelding van verantwoordelikheid moet wees vir die pogings om rasse-ongelykhede te verminder nie. Kortom, die vernaamste slagoffers van rassisme en apartheid kan nie die hoofbronne van die oplossing wees nie, en, aan die ander kant, die vernaamste bevoordeeldes kan nie skotvry wees van hul verantwoordelikheid om ons samelewing meer gelyk te maak nie.

In die derde plek, so 'n eksklusiewe fokus op rasseverhoudinge tussen swartes en kleurlinge verwyder uit die debat die realiteit van swart armoede aan die een kant - van Afrikane, kleurlinge en Indirs - en wit bevoorregting aan die ander kant, waarvan die balans kritiek is tot die totstandbrenging van 'n gemeenskap wat vrede met homself het.

Suid-Afrika het een van die hoogste vlakke van ongelykheid in die wreld. Ons Gini-koffisint staan op 0,6 en dit s vir ons dat die gaping tussen die rykste onder die rykes en die armste onder die armes een van die grootste in die wreld is. Geen wonder dat President Mbeki oor die twee nasies praat nie, want die Gini- koffisint praat van 'n grotendeels vermonde wit gemeenskap en 'n grotendeels arm swart gemeenskap.

Dit is nie 'n breuk met die nalatenskap van Nelson Mandela nie. Terwyl Nelson Mandela President van die land was, was dit agb lede van daardie opposisie daar oorkant wat gevra het vir 'n einde aan wat hulle sy simboliese leierskap genoem het. Hulle het ges dat hy rondgereis het in die wreld terwyl sy land aan die brand was. Hulle het ges dat hulle 'n einde aan 'n oneffektiewe presidentskap wou h, omdat sy adjunk die land bestuur het. Dit was lede van die DA, soos Louis Luyt, wat hom hof toe gesleep het en hom daar laat staan en vrae beantwoord het. Hulle het hom 'n held met voete van klei genoem. Hulle het ges dat hy 'n mitologiese figuur in die tronk geword het en dat hy nou moes bewys wat daar werklik in hom gesteek het. Dit was Tony Leon wat geweier het om selfs te oorweeg om deel van sy Kabinet te wees. Vandag bely hulle die grootste liefde vir hierdie Nelson Mandela. [Tussenwerpsels.] Dit lyk of hulle hom vandag baie meer waardeer as toe hy President was. Dit is nie 'n breuk met die nalatenskap van Nelson Mandela nie, maar, sou ek aanvoer, 'n logiese stap in die lig van die "Baklei terug" ondankbaarheid wat in die besonder deur die DP en nou in die algemeen deur die DA gelei word.

Tensy ons erken dat ons armoede- en welvarendheidspatrone in hoofsaak bepaalde kleurlyne navolg, sal ons nie die oorsake van ongelykheid en die daaropvolgende onstabiliteit wat ons land, en in die besonder ons provinsie ervaar, begryp nie.

Terwyl sy by die mikrofoon gestaan het, het 'n Parlementslid, Dene Smuts, die hele konferensie oor rassisme gehad wat vir haar gewag het om haar bydrae te maak in antwoord op die debat van die oggend, waartydens daar 'n groot bydrae van Pallo Jordan was. Hier was die geleentheid om te s wat die DA van ras en rassisme gedink het. Hier was die geleentheid om dit na 'n ander vlak te neem. Sy kon nie die mas opkom nie en het selfs haar eie lede daar in die verleentheid gestel.

Trouens, wat Dene Smuts gedoen het, was om die o van daardie hele konferensie oop te maak vir die feit dat daar wittes is wat bereid is om 'n breuk met die verlede te maak. By daardie konferensie het hulle een na die ander opgestaan en ges, "Dene Smuts praat nie namens my nie. Ek wil s dat ek 'n jong man was wat in die SANW was, en wat na Angola en die townships gestuur is om die werk te doen. Ek erken dit hier. Ek was 'n onbewuste of bewuste deel van die misdaad wat teen ons mense gepleeg is." Dene Smuts het 'n reaksie onder wittes ontlok.

Trouens, daardie dag het Dene Smuts nader aan die wit Mynwerkersunie gekom as aan al die ander wittes wat daar was. Sy en die wit Mynwerkersunie se verteenwoordiger het dieselfde taal gepraat, terwyl ander, ironies genoeg, opgestaan het en daarmee verskil het. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek staan vandag op as 'n voormalige lid van die ANC, ... [Tussenwerpsels.] ... en steeds dankbaarder daarvoor.

Ek is vanmiddag 'n bietjie teleurgesteld dat so min van my voormalige kamerade in die banke is om te luister na wat ek te s het. Dit is ook klaarblyklik, dat geoordeel aan die agb lid me Essop se houding teenoor wit mans, die agb lede mnre Dugmore, Ozinsky en Strachan hul tasse moet pak en elders heen moet gaan. Ek sien dat twee van hulle dit miskien reeds gedoen het.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: U sou graag hul rugkante wou sien, veral Ozinsky s'n.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek het baie tyd.

Mnr die Speaker, die voorstel voor die Huis - en ek verwys hoofsaaklik na item (3) van hierdie voorstel - is erg beledigend vir my, die waardigheid van die Huis en die sensitiwiteite en moraliteit van die algemene publiek. Gedurende die tyd van die vryheidstryd en tans lyk dit dat toe dit vir die ANC polities voordelig was, ek as 'n swart Suid-Afrikaner beskou is. Nooit gedurende al daardie tyd is my swart wees ooit bevraagteken nie. Nooit is daar ooit 'n vraag gestel of 'n onderskeid getref tussen grade van swart wees nie.

Ek het nie verander nie. Ek veg steeds aan die kant van die demokrasie, ... [Tussenwerpsels.] .. billikheid, gelykheid en die visie van 'n verenigde nuwe Suid-Afrika. Dit is een van die beledigendste ironie van ons tyd dat volgens hul definisie ek nie nou as 'n swarte beskou word nie omdat dit nie vir hulle gerieflik is om dit te doen nie. [Tussenwerpsels.] Waarom word mense op die aandrang van 'n politieke party volgens ras gedefinieer?

Laat my weer s, ek is in hierdie land en op hierdie kontinent gebore. Ek is 'n inheemse mens van geen ander land of kontinent nie. Ek kom van nrens anders as Afrika nie en ek kan nrens anders as in Afrika tuis wees nie. Ek is 'n Afrikaan, en wie kan dit my onts? Niemand nie, mnr die Speaker. Nie die ANC nie, nie die nasionale Regering nie en nie die Menseregtekommissie nie. Om 'n Suid-Afrikaner te wees teen wie daar nie op 'n rassegrondslag gediskrimineer word nie, is 'n saak waarvoor ek altyd geveg het en dit is 'n saak waarvoor ek steeds sal veg.

Terwyl ek besef dat rassisme bestaan en dat daar 'n behoefte vir transformasie in ons samelewing is, kan sodanige transformasie tog seker nie geskied ten koste van die herklassifikasie van mense volgens ras nie.

Die agb lid mnr Byneveldt moet die volgende vraag eerlik en met integriteit beantwoord. Hoe definieer hy 'n swarte en is daar verskillende kategorie swartes? Dit is nie retoriese vrae nie, maar vrae van die uiterste belang vir die mense van die Wes-Kaap, veral met betrekking tot die transformasie van die werkplek en gelyke geleenthede. Sodra 'n mens begin om groepe te etiketteer en elke lid van daardie groep volgens die een of ander fisiese kenmerk definieer, beweeg jy op die gebied van rassisme.

Mnr die Speaker, die voorstel voor die Huis is niks anders as 'n uittartende, goedkoop truuk nie wat sonder meer en met minagting van die hand gewys moet word. [Tussenwerpsels.] Hoe gaan die agb lid mnr Byneveldt en sy party dit ontken dat ek ingevolge hul definisie 'n swart lid van die Kabinet is? Feit van die saak is dat hy dit volgens sy definisie nie kan doen nie. Die voorstel vervul my met afsku. Vir die agb lid om die Huis in konstruktiewe debatvoering betrokke te laat raak, sal hy die kwaliteitsvlak van sy voorstel moet verhoog en dit in die opregte en konstruktiewe wyse wat dit verdien, moet aanbied.

Laat my weer eens vir die rekord s dat ek transformasie steun. Sulke transformasie moet ideaalgesproke die demografie van die mense weerspiel en moet kwalitatief eerder as kwantitatief wees. Waarom dit gaan, is die model van transformasie wat deur die ANC in ons kele afgedruk word en so swak verwoord is deur die agb lid mnr Byneveldt wat, ... [Tussenwerpsels.] ... in sy soeke na sy party se goedgunstigheid, niks anders gedoen het as om juis die beleidsrigtings wat hy probeer bevorder, skade te berokken nie. [Tussenwerpsels.]

Dit is jammer om te sien dat die visie van die nuwe Suid-Afrika terugval op die niksbeduidende en kinderagtige politieke speletjies van die soort wat vandag voor die Huis dien. [Tussenwerpsels.] Dit smaak na politieke onvolwassenheid, ... [Tussenwerpsels.] ... dit is in die swakste smaak en dit is erg aanstootlik. Dit bevorder nie die saak om rassisme uit te wis deur jou eie onskuld te verklaar deur ander te beskuldig nie. Feit van die saak is dat as 'n mens die ANC se standpunte oor verteenwoordiging in aanmerking neem, mislei hulle die Huis. Ons het reeds van die agb Minister van Maatskaplike Dienste en van die agb Minister van Onderwys gehoor dat die ANC, wat aanvoer dat hulle verteenwoordigend van hul ondersteuners is, 'n kleurling leier het; ... [Tussenwerpsels.] ... hulle nommer twee in die Huis is ook nie iemand wat, volgens hul definisie, as 'n swarte geklassifiseer kan word nie; hul segspersoon vir die Huis is nie, volgens hul definisie, 'n swarte nie; en hul Adjunkspeaker is nie, volgens hul definisie, 'n swarte nie. Hoeveel swartes is daar onder die eerste 12 op hul banke?

Mnr die Speaker, ons moet rassisme sien vir wat dit is - 'n plaag wat ons hele land negatief benvloed en wat ons almal moet saamwerk om uit te wis. Ons kan slegs rassisme deur middel van versoening en transformasie uitwis. Versoening met transformasie - nie die een sonder die ander nie. Die alternatief is konflik.

Mnr die Speaker, ten slotte wil ek aanhaal uit 'n liedjie deur Bob Marley. Sommige agb lede mag Bob Marley ken. In sy liedjie, genaamd War, s hy, en ek haal aan:

	Until the colour of a man's skin is of no more consequence than the colour of his eyes, there'll be War.

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, ek wil ter aanvang al die agb lede bedank wat aan die debat deelgeneem het. Ek sal probeer om kortliks op die toespraak van elkeen van hulle te reageer.

Laat my toe om reg aan die begin te s dat as ek luister na die argumente wat hier gevoer was, daar nie een persoon in hierdie Huis is wat ten gunste van rassisme was nie. Daarvoor wil ek agb lede bedank. Die agb Leier van die Opposisie het dit reg aangespreek toe hy ges het dat ons moet erken rassisme kom voor, en dan moet ons aan maniere werk waarop dit oorkom kan word. Ek sal weer daarop terugkom.

Die agb lid mnr Byneveldt, wat die voorstel ingedien het, het vir ons met groot en teatrale gebare en stem na die land Kanan geneem. En daar, het hy ges, het ons gedink ons kom in die land van melk en heuning aan. Maar nou sal hy my dit gelyk gee, 'n mens kry tog nie net swart koeie, bruin koeie en wit koeie nie. 'n Mens kry Jersey-koeie wat baie lekker melk gee, en wat is 'n Jersey-koei se kleur? 'n Jersey-koei is geelbruin met plek-plek wit, bruin of swart vlekke, maar dit vorm deel van een liggaam. Ons kan waaragtig nie 'n koei se nek afkap omdat haar kleur ons nie pas nie!

Die agb lid mnr Byneveldt het dit egter reg, daar is een manier waarop ons rassisme kan beveg, en dit is as ons saamwerk, as ons ophou om mekaar hier te kom vernietig, want hierdie voorstel - en ek sal later daarby kom - is baie tydig en doelbewus hier gestel.

Mnr die Speaker, die agb Minister van Maatskaplike Dienste het dit heeltemal reg, dit is so dat rassisme nie uniek aan Suid-Afrika is nie. Dink net aan wanneer Amerika, een van die grootste demokrasie, alreeds rassisme as 'n oortreding op hul boeke geplaas het, maar in die 21ste eeu het hulle steeds die Klu-Klux Clan wat mense in die strate aan die brand steek. Die Amerikaners was bereid om hande te vat - en as ek praat van "hande vat", bedoel ek werklik hande vat. Dit is nie 'n geval van, soos iemand dit gestel het, as 'n mens 'n ANC-kaart het, is jy welkom nie. Ek het baie vriende in die ANC. Ek het baie swart vriende. Dit maak nie van my 'n rassis as ek ... [Tussenwerpsels.] Premier, as ek hy is, bly ek liewer stil. Cheryl Carolus kom, maar hy hoef nie bekommerd te wees nie - sy kom nie om die burgemeesterskap oor te neem nie, maar om sy plek in te neem. Al 25 lede van sy tak sal in die burgemeestersverkiesing vir hom stem. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, die feit bly staan, rassisme is internasionaal wat ons hier en oorsee, waar dit ook al voorkom, moet verwerp.

Nou, mnr die Speaker, wil ek die toesprake van die agb lede mnr Lewis en me Essop gelyktydig hanteer. Ek het verwag die agb lid me Essop sal die amptenary hier aanval, want dit is haar troetelonderwerp.

Ten eerste, die Wes-Kaap is die enigste provinsie wat rasionalisasie tot die laaste letter uitgevoer het. Toe ons hier begin het, het ons meer as 85 000 amptenare gehad. Ons het vandag 69 000 amptenare. Baie van daardie amptenare was gevra om te gaan, en baie van hulle het die vrywillige skeidingspakket geneem.

*Me T ESSOP: Die senior poste. [Tussenwerpsels.]

Die MINISTER: Wag nou. Ai.

Mnr die Speaker, die agb lid mnr Lewis het ges die Administrasie het daarin gefaal om die nodige aanstellings te maak. Dit is tog 'n bekende feit dat, in opdrag van die agb Premier, daar verlede jaar reeds op ho vlak en met kundiges gepraat is om die struktuur van die Administrasie reg te stel. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Die MINISTER: Almal weet van die advertensies wat die komende naweek in die nuusblaaie geplaas gaan word. Almal weet wat die doelstellings van daardie advertensies is. Niemand het ontken dat die bostruktuur van die party nie reg is nie. Niemand het dit ontken nie, daarom ... [Tussenwerpsels.] ... word die advertensies die komende naweek geplaas, en wil ek ...

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: kan ek die agb Premier vra om die herhaalde gebruik van die woord "motjie" met verwysing na die agb lid me Essop terug te trek. [Tussenwerpsels.] Ek dink dit is 'n neerhalende rasseterm.

*Die SPEAKER: Orde! Het die ...
*Die PREMIER: Ja, meneer, ek het die woord gebruik, maar ek sou graag die definisie wou hoor. Ek kan u my definisie daarvan gee, mnr die Speaker.

Die SPEAKER: Orde!

Die PREMIER: 'n "Motjie" is 'n gerespekteerde persoon in sekere ...

*Die SPEAKER: Orde! Ja, ek moet toegee dat ek nie 'n beslissing daaroor kan gee nie omdat ek nie weet wat die term beteken nie. Ek sal dit oorweeg en later 'n beslissing gee. Aan die ander kant dink ek dat ons die agb Minister en die kern van die debat moet toelaat om voort te gaan en nie moet toelaat dat ons aandag afgetrek word van die aangeleentheid wat ons hanteer nie. Die agb Minister van Behuising mag voortgaan.

Die MINISTER: Mnr die Speaker, ter inligting van hierdie Huis, daar sal oor die komende naweek twee volblad advertensies in Sondagkoerante verskyn, waarin 64 poste geadverteer sal word. Ons is so ernstig met transformasie dat opdrag gegee is - ek wil nie die naam van die maatskappy gee nie, want dan sal ek weer beskuldig word dat ek mense uit ander provinsies gaan haal - dat as dit nodig is om koppe te jag, ons dit sal doen. Ek vra agb lede om geduldig te wees. [Tussenwerpsels.] Ag nee, niemand kan my onder druk plaas nie. Die feit is dat daar 'n abnormale situasie was, en ons moet dit toegee. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek moet u versoek dat die aanhoudende kommentaar in terme van die Rels nie langer geduld moet word nie, anders sal ek werklik verplig wees om u te versoek om sekere agb lede by die naam te noem en ses dae lank uit die Huis te skors. [Tussenwerpsels.] Gaan lees jou Rels!

Mnr die Speaker, elke departement het oor die jare heen geld begroot vir opleiding. Ek het hierdie saak reggestel, en elke departement moet na my terugkom en vir my s wat presies hulle met daardie geld, in totaal R137 miljoen, gemaak het, want daardie geld sal gebruik word. Hier kom ek by die woorde, "almal praat van regstellende aksie". Dit is waar, daar moet regstellende aksie plaasvind, maar ons moet ook in die rigting van instaatstellende aksie beweeg. Ons het die Akademie, ons het technikons en ons het universiteite. Ons moet mense identifiseer en hulle daarheen stuur om hulle te bemagtig; slegs dan kan ons hulle vry maak van die bande van apartheid.

Die agb Minister van Onderwys het oor Vigs gepraat. Rassisme laat my dink aan die man wat by die begraafplaas verbygeloop het, en 'n man sien aankom wat verskriklik huil. Hy vra toe die man, "Wie is jy?", en kry die antwoord, "Ek is die duiwel." Toe vra hy, "Nou waarom huil jy so?", en die duiwel antwoord, "Ai man, ek kry vir alles die skuld, selfs al doen ek niks nie." Dieselfde geld rassisme.

Kom ons kyk na die hele Vigs-debat waarna die agb Minister van Onderwys verwys het. Ja, miskien kan dit wees dat "aliens" betrokke was, want in die laat sewentigs, vroe tagtigs, toe ons vir die eerste keer bewus geraak het van hierdie vreeslik ingewikkelde siekte en die ernstige afmetings wat dit kan aanneem, Vigs, was dit volgens berigte in die land ingebring deur vlugkelners - en ek weet nie of dit ons vlugkelners of di van ander lande was nie. In daardie opsig sal ek 'n bietjie gelyk gee, dat Vigs moontlik deur "aliens" veroorsaak word. [Gelag.] Maar, meneer, Vigs kan nie deur rassisme veroorsaak word nie. Waarom is Freddie Mercury van Queen dan aan Vigs dood? [Tussenwerpsels.] Maar julle s dan Vigs word deur rassisme veroorsaak.

Meneer, die tweede punt wat geopper word, is die moontlikheid dat armoede Vigs kan veroorsaak. Liberace was 'n skatryk man - hy is aan Vigs oorlede.

Hier word gedurig gepraat van regstellende aksie. Sal ons dan vergeet dat President Sam Nujoma, na sy inhuldiging, die gewoonte gehad het - en dit is 'n pragtige gewoonte - om van dorp na dorp te ry en sy mense te gaan ontmoet. Dit het met groot geskal en met mense op motorfietse gepaard gegaan, en as die mense vir hul President gewuif het, het hulle die stang gelos en 'n stofwolk veroorsaak soos hulle geval het! [Gelag.] Hy het gou agtergekom dat 'n mens nie enigiemand op 'n motorfiets kan sit nie, jy moet hom leer om 'n motorfiets te ry.

Mnr die Speaker, ek wil ten slotte s, deur aanhoudend te hamer op rassisme en niks daaraan te doen nie, is die agb lede aan daardie kant van die Huis op 'n subtiele wyse besig om, soos wat President Mugabe mense se grond beset, mense se breine te beset.

Debat afgesluit.

Die SPEAKER: Orde! Die Huis verdaag tot Dinsdag, 17 Oktober 2000. Die Huis gaan in reses vanaf Vrydag, 22 September 2000 tot Maandag, 2 Oktober 2000.

Die Huis verdaag om 17:23 tot Dinsdag, 17 Oktober 2000.



1940	DINSDAG, 19 SEPTEMBER 2000



	DINSDAG, 19 SEPTEMBER 2000	1941



1902	DINSDAG, 19 SEPTEMBER 2000	


